Blog

Betowerende Musiekaand, Curro Cantare Dogters Kamerkoor

Betowerende Musiekaand, Curro Cantare Dogters Kamerkoor

Gans-Berg Nuus / News

Betowerende Musiekaand, Curro Cantare Dogters Kamerkoor

Curro Hermanus Hoërskool se betowerende Musiekaand, met die Curro Cantare Dogters Kamerkoor en mede-musikante, kon maar in enige groot en gewilde teater in Kaapstad plaasgevind het - aan musikale talente was daar eenvoudig geen tekort nie, inteendeel! Die dogters se koorsang getuig van getroue en harde werk, asook van die deeglikheid en toegewydheid van hulle koorafrigter, Maike Skein en begeleidster, Madelein Krog.

Die Musiekaand is gekenmerk deur

'n genotvolle mengsel van oorspronklike koorkomposisies en lewendige verwerkings van bekende liedjies deur ABBA, Coenie de Villiers, “Joshua na die Reën” en vele meer. Liedere vanaf 'Here, ons sal U loof', 'Namakwaland', 'From a Distance' en 'Lig op die Horison' tot by 'Money, Money, Money', 'Caravans' en 'How can I stop Singing my Song', is gesing.

Rea Costerus het die aand besonders gemaak met haar betowerende vertolkings van tydlose klassieke vioolspel. Gaskunstenaars Anri Wolmarans (blokfluit) en Willem Barnard (dromme) het ook 'n besonderse bydrae tot die aand gelewer. Nog 'n besonderse item was die dogters wat 'Allegretto' met hul musiekinstrumente gespeel het: Abongile (klavier), Jasmine (viool) en Janieke (tjello). Meer oor hierdie besonderse Musiekaand kan daar nie geskryf word nie - daar kan net na die volgende een uitgesien word!

Hardus Botha

Betowerende Musiekaand, Curro Cantare Dogters Kamerkoor

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...

Gans-Berg Nuus / News
Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

See All Articles