Vrouedag... Oorsprong van Afrikaanse Vrouedag

Vrouedag... Oorsprong van Afrikaanse Vrouedag

Gans-Berg Nuus / News

Vrouedag... Oorsprong van Afrikaanse Vrouedag

9 Augustus was hierdie jaar gekenmerk deur seker die meeste Vrouedagvieringe op verskeie plekke in die geskiedenis van Gansbaai. Die venues en aanbiedinge was te kus en te keur. Vroue was uitgetof en tafels het gekreun onder die fynste van lekkernye. Lilian Ngoyi, Helen Joseph en die mede-inisieerders van die vroue-opmars na die Unie-geboue in Augustus 1956, sou trots gewees het. “Na watter Vrouedag gaan jy vanjaar?” Nee, ek het alreeds myne gevier, sommer so terwyl al die ander besluit het op klere, hare, juwele en dies meer. Myne het ek op 4 Augustus al oordink. Omdat ek van die ou soort is en my land se geskiedenis nie in 1994 begin nie. Omdat ek weet dat die struggle wyer en dieper lê as nou die dag.

Die Anglo Boereoorlog, ook genoem die Tweede Vryheidsoorlog waar Boer teen Brit geveg het om die beheer van die goud-en diamantvelde van die Vrystaat en Zuid-Afrikaanse Republiek, het nagenoeg 28000 (hoofsaaklik) vroue en kinders in konsentrasiekampe gesterf tydens die Britte se Verskroeide Aarde beleid. Verskroeide aarde, menende die afbrand van plaasopstalle, oeste, infrastrukture en die vee weggevoer na die velde van die geraamde 120000 swart soldate en ambagsmanne aan Britse kant. Ons Boerevolk moes na amper drie jaar deur hel gaan, opstaan en herbou.

Pas twaalf jaar later breek die Eerste Wêreldoorlog uit. Ons staan onder die Britse regering se Unie van Suid-Afrika. Die Britte verklaar oorlog teen Duitsland en die Boere word gedwing om hulle goedgesinde buurland Duitswes-Afrika in te val. Nie te vinde daarvoor nie, groepeer die Boere saam onder wat bekend sou staan as die Maritz Rebellie. Boere Generaals word gevange geneem, Koos de la Rey word doodgeskiet terwyl hy weier om by 'n padblokkade stil te hou en Jopie Fourie word tereggestel vir hoogverraad.

Vir die eerste keer in die oergeskiedenis van Suid-Afrika betree vroue die politieke arena as die “volksmoeder”, Tibbie Steyn, 'n brief in al die koerante laat plaas om vroue op te roep om deel te hê aan 'n protesoptog teen die regering se besluit. Ongeveer 5000 vroue, onder leiding van Hendrina Joubert (84-jarige weduwee van die ZAR Kommandant-generaal, Piet Joubert), neem op 4 Augustus 1915 deel aan hierdie optog, verteenwoordigend van altesaam 65000 vroue wat bygedra het by wyse van telegramme en versoekskrifte. In stilte, 7 in 'n ry, het hulle van Kerkplein na die Uniegebou gestap. Ongelukkig is hul versoekskrif nie in ontvangs geneem nie, maar dit het hulle nie gestuit nie. Hierdie gebeurtenis het ook gelei tot die stigting van die Vroue Nasionale Party. 

In Jan F.E. Cilliers se gedig, “By die Vrouebetoging”, eer hy hierdie vroue en hulle deursettingsvermoë as volg:-

Die naam is…Moeder

Die grond is Heilig waar haar voete gaan

op kamervloer, in moordkamp, oor die straat, want

haar is Jesus' liefde taak vertroud

wat offer bring van eie vlees en bloed

Ek sien haar swygend gaan op steile pad,

half duisel nog van nagte deurgewaak

en wankel tredend, elke tree 'n pyn,

na soveel gaan aan liefdeswerk gewy

Ek sien haar wag, geduldig, sonder word,

soos sy al honderd jaar gewag het en gely,

ek sien haar wen, deur lye net soos Hy

ek sien haar wen, vir man en seun en broer

want haar naam is

Vrou, en Moeder.

(Bronne : weet.co.za; nam.ac.uk; vrouemonument.co.za)

Carine Fourie Badenhorst

Image 1
Image 2
Image 3
Vrouedag... Oorsprong van Afrikaanse Vrouedag

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles