Blog

Soul en Sanctuary Soirée...Vrouedagviering vol Geure, Liefde en Musiek

Soul en Sanctuary Soirée...Vrouedagviering vol Geure, Liefde en Musiek

Gans-Berg Nuus / News

Soul en Sanctuary Soirée...Vrouedagviering vol Geure, Liefde en Musiek

Op Vrouedag, 9 Augustus 2025, was die Great White House Restaurant in Kleinbaai 'n warm toevlugsoord vir almal wat sielskos, inspirasie en mooi musiek gesoek het.

Janine Taylor vertel die middag het begin met die L-Gin Craft Gin-vrouetrio, wat gaste betower het met hul unieke handgemaakte gin uit die Elginvallei. “Met elke slukkie het stories en herinneringe gevloei - 'n viering van vroulike kreatiwiteit en passie,” sê sy. Daarna was dit Sjef Chris Pead wat die gehoor verras het met sy vertellings oor hoe musiek en klank 'n gereg kan verander. Hy het gaste laat besef dat kos nie net oor smaak gaan nie, maar ook oor hoe elke sin saamwerk om herinneringe te skep.

Die hoogtepunt het aangebreek - met Nianell op die verhoog en die atmosfeer wat luisterryk verander het. Haar 'engelstem' het harte oopgesluit en soms trane laat vloei. Bekende liedere soos Die Oomblik is Nou, Life Simplified, Who Painted the Moon Black en How Beautiful Love Can Be het soos 'n warm lig oor die gehoor gestraal. Tussen die note deur het sy haar kernboodskap gedeel: Ware liefde begin by jouself en jy is die skepper van jou eie lewe.

Na afloop van die musiek het die kombuis van The Great White House gaste bederf met 'n fees van soet en sout vingerhappies. 'n Groep dames wat saam in 1981 in die Strand matrikuleer het, het hul herdenking terselfdertyd gevier - 'n herinnering dat ware vriendskap ook 'n vorm van liefde is. Janine sê die spesiale Vrouedagvieringe was soos 'n Geskenk vir die Siel.

Hardus Botha

Soul en Sanctuary Soirée...Vrouedagviering vol Geure, Liefde en Musiek

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

How to Define Your Dreams and Take the First Step

How to Define Your Dreams and Take the First Step

We can become trapped in our inner battle because one part of us is still fighting what we want to break free from...

Horseback Adventures

Horseback Adventures

Make your top bucket list dream come true...

See All Articles