Blog

Ons verken Botswana en Namibië -Deel 5-

Ons verken Botswana en Namibië -Deel 5-

Gans-Berg Nuus / News

Ons verken Botswana en Namibië -Deel 5-

In Deel 5 gaan ons voort met die egpare Fanie en Judy Bothma (toerleiers) van Franskraal, en Dolf en Elna Nel van Saldanha, se reis deur Botswana en Namibië (8 Mei tot 27 Junie). Elna Nel se kunstige dagboek, BOT-NAM Avontuur, bly 'n bron van uitstekende inligting.

Op dag 24 (31 Mei) staan hulle vroeg op en maak 'n draai by die Kierie Shop vir koffie en vuurwarm kaasbroodjies vir die lang pad. Daarna draai die voertuie in die rigting van Ruacana. Die Garmin dui aan dat Etosha Nasionale Park links van hulle lê, en in die noordooste die Oshikoto-gebied. Sowat 5 km vanaf Ondangwa begin die straatligte, saam met baie informele stalletjies. Judy vertel dat, toe hulle 14 jaar gelede hier deurgery het, daar net mooi niks was nie. Elna merk op dat dit interessant is dat die name van dorpe in die streek almal met 'n “O” begin. Oshakati is 'n moderne dorp. By Ruacana maak hulle brandstof vol en besoek die waterval. Daarna ry hulle al langs die Kunenerivier stroomaf in 'n westelike rigting.

Hulle ry verby verskeie kampplekke en oorde langs die Kunenerivier na hul bespreekte kampplek by Kunene River Lodge, waar hulle vir twee aande sou oornag. Aangesien die oord egter onlangs oorstroom het, was daar geen akkommodasie beskikbaar nie. Hulle beweeg toe verder stroomaf op soek na 'n geskikte oornagplek of “wild camping”-staanplek.

Op pad stop die egpare by Swartbooisdrift en besigtig die Voortrekkergrafte van die Dorslandtrekkers wat daar deur die Kunenerivier getrek het op pad na Angola. Later is daar ook 'n Dorslandtrek-monument opgerig, met 'n klompie grafte en grafstene. “Ons kan ons nie indink hoe daardie mense se lewens was nie, en of alles die moeite werd was, aangesien hulle alles verloor het wat hulle gehad het,” skryf Elna. Baie van hulle het ook later weer uit Angola teruggetrek, nadat heelparty daar oorlede en begrawe is - Fanie en Judy het al voorheen van daardie grafte besoek tydens 'n toer na Angola. 

Hulle ry verder teen die Kunenerivier af en kry twee aanwysingsborde: Community Camp en Picnic Spot. Dit eindig toe in “wild camping” en Elna vertel hoe rustig hulle langs die Kunenerivier gekamp en op die sandbanke rondgestap het. Dolf het vroeër by 'n stalletjie vir die snaaksigheid gedroogde mopaniewurms, “ground beans” wat uit die grond gehaal word, 'n bessie wat van 'n boom gepluk word, en gelerige vrugte met “punte” gekoop. Dit word narra genoem, en Dolf sê dit laat hom aan 'n handgranaat dink. Die twee dae se “wild camping” was heerlik, in die skadu van die groot bome. Hulle kon lekker vure maak met die stompe en hout-opdrifsels wat daar in oorvloed is. Himbas met hul beeste en bokke het op die 4x4-pad verby geloop, en hulle kon met hulle gesels en ook mooi foto's neem.

Maandag, 2 Junie, ry hulle verder en draai by die Enyandi Campsite in, waar hulle heerlik op die rivierwal onder groot skadubome piekniek hou. Die veld teen die berg is vol mopaniebome, en hulle sien 'n nuwe voël vir die “boeke”: 'n korttoonkliplyster. Met die oopmaak van die hekke by Epupa Lodge kon hulle reeds die gedruis van die valle hoor - hulle kamp teen die rivier se wal met 'n onverbeterlike uitsig op die valle. Hulle stap na die valle wat oor 'n wye gebied strek, en Elna beskryf dit as absoluut asemrowend.

Na nóg 'n interessante gedeelte verken ons Namibië volgende week in Deel 6 verder saam met die egpare, op pad na die “groot wildernis” suid in Kaokoland.

Hardus Botha

Ons verken Botswana en Namibië -Deel 5-

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

How to Define Your Dreams and Take the First Step

How to Define Your Dreams and Take the First Step

We can become trapped in our inner battle because one part of us is still fighting what we want to break free from...

Horseback Adventures

Horseback Adventures

Make your top bucket list dream come true...

See All Articles