Blog

Bietoubossers vier Omgee-vrouwees

Bietoubossers vier Omgee-vrouwees

Gans-Berg Nuus / News

Bietoubossers vier Omgee-vrouwees

Die op-en-wakker Bietoubos Damesklub het hulle Vrouemaand-byeenkoms met 'n belangrike eienskap van vrouwees behoorlik gevier - 'omgee'. “Ons het reeds vroeër in die jaar fondse ingesamel om die Verfraai Gansbaai-projek te ondersteun,” vertel Elizma de Lange. “Carla Gouws en Laurette Nel het op 12 Augustus elk R1 000 ontvang, onderskeidelik vir die tuinbou- en die kunsverfraaiing van ons dorp.”

Albei het vertel van die verskillende projekte wat aangepak is en reeds 'n verskil in ons dorp maak. Onder andere is daar by verskeie straatingange plante aangeplant, en verskillende muurskilderye is oral te sien om Gansbaai op te helder. “Die gaste het vinnig besef dat ons bydrae maar 'n druppel in die emmer is om die koste te dek van arbeid, plante, verf, ensovoorts,” het Elizma gesê. “Met dit wat Carla en Laurette ons vertel het van wat hulle alles doen, was ons dankbaar dat die Bietoubosklub 'n blyk van erkenning gegee het aan mense wat nie net kla nie, maar met 'n passie werk om Gansbaai te verfraai.”

Elizma sê hulle 'Minister van Omgee', Marie de Jager, is reeds besig om aan 'n volgende projek te werk - die Herberg aan See Basaar se poedingtafel. 'n Pragtige gehekelde kombers (deur Lanita Marais geskenk) is uitgeloof om fondse vir bestanddele aan te koop. Die gelukkige wenner van die kombers was Caren Labuschagne.

Omring met soveel ekstase oor omgee-projekte, kon die gaste nie anders as om heerlik saam te kuier met tee en verleidelike eetgoed om die byeenkoms mee af te sluit nie - natuurlik met 'n kreunende tafel soos net die Bietoubossers dit kan doen!

Hardus Botha

Bietoubossers vier Omgee-vrouwees

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

How to Define Your Dreams and Take the First Step

How to Define Your Dreams and Take the First Step

We can become trapped in our inner battle because one part of us is still fighting what we want to break free from...

Horseback Adventures

Horseback Adventures

Make your top bucket list dream come true...

See All Articles