Wear & Tear

Wear & Tear

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News


‘n Voorbeeld van Johan Dempers, wat ‘n lugfotografiekursus beplan, se professionele lugfoto - Hexrivier

“Met die tema ‘Wear & Tear’ is daar weer eens uitstaande foto’s deur klublede ingedien,” vertel Marc du Plessis, die klub se kompetisie-man. Klublid Hugh-Daniel Grobler het die gebruiklike kommentaar op die foto’s gelewer en sy samevatting was dat die foto’s konstruktief, oorspronklik en insiggewend was. Die klub se halfjaarlikse kompetisie is op hande, met die sluitingstyd wat eintlik al verstryk het. Laat inskrywings is nog welkom tot 29 Julie 2013 en kan by Marc (083-628-9335), Maraisstraat 193, Franskraal ingehandig word. Die tema vir die kompetisie is “Local is Lekker”. Die beoordeling en prysuitdeling sal op Maandag, 5 Augustus plaasvind en Marc kan vir die kompetisiereëls gekontak word. Belangrike fotografie-nuus is dat Johan Dempers van Aerial Image CC ‘n   lugfotografie-kursus gaan aanbied.
Johan, wat ‘n professionele lugfotograaf is, het tydens ‘n vorige byeenkoms klublede oor lugfotografie toegespreek.

Hy beoefen lugfotografie al vir meer as 20 jaar en het al interessante projekte in verskeie plekke in Suid-Afrika, maar ook internasionaal in lande soos Afghanistan, Irak en Suid-Amerika aangepak. “Die 'inleiding tot lugfotografie' kursus is gemik op die beginner asook meer gevorderde fotografie en sal van basiese beginsels tot meer gevorderde tegnieke dek,” sê Johan. Die teoretiese deel word vir ‘n   Saterdag beplan, met ‘n   vlug die Sondag vanaf Struisbaai waar elke student sy praktiese deel sal doen. Hy beplan om die kursus binne die volgende maand aan te bied indien die weer dit toelaat en verdere detail kan by Johan bekom word. Hy kan by 082-397-7452 of 021-300-1118 gekontak word, of stuur ‘n   epos aan hom by info@aerialimage.co.za.

Een van die foto’s, “Wear & Tear” wat deur Hugh-Daniel Grobler uitgesoek is - Fotograaf is klublid Riaan Jacobs

Besoek gerus ook sy webtuiste by www.aerialimage.co.za. Christo Wessels kan by 082-920-9738 gekontak word, of kontak vir Linda Kloppers by 082-550-7313.
‘n   Epos kan ook aan gansbaaifotografieklub@gmail.com gestuur word.

Hardus Botha

Wear & Tear

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles