Blog

BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

NG Kerk Gansbaai

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

 
By BADISA word dienste op 4 vlakke van intervensie gelewer naamlik:

1. Bewusmaking en Voorkomingsdienste

Projekte,groepe, werkwinkels en praatjies.

2. Vroeë intervensiedienste

Maatskaplike werker en hulpwerker hanteer nuwe aanmeldings. Risiko’s word geïdentifiseer en met ’n holistiese benadering probeer ons dit hanteer en die risiko’s uitskakel. Indien dit nie moontlik is nie moet ons statutêr optree om die kinders te beveilig. Dis waar ons dan gewoonlik kinders in veiligheid plaas  en as daar geen moontlikheid is dat kinders terug na die ouers kan gaan nie, word hulle in pleegsorg geplaas. 

3. Pleegsorgtoesigdienste

Dienste word gelewer aan pleegkind en pleeggesin. Ons probeer hulle ondersteun in alle opsigte moontlik met die hulpbronne wat tot ons beskikking is. Bv. die kinders het partykeer erg trauma deurgegaan en dan skakel ons hulle in vir terapeutiese dienste en gee ouerleiding aan die pleegouers. 

4. Herenigingsdienste

Dienste word beskikbaar gestel aan biologiese ouers of aan die familie van oorsprong om hulle te bemagtig om weer in die posisie te kom waar die kinders teruggeplaas kan word in hulle sorg sodat die gesin of familie weer herenig kan word. Daar word ’n plan opgestel saam met die ouers of familie met doelwitte wat hulle moet bereik in samewerking met die maatskaplike werker.  

Om ons gesinne te ondersteun (dis nou ouers en kinders by vroeë intervensiedienste, pleegsorgtoesigdienste en herenigingsdienste) maak ons staat op donasies en skenkings.  Hier het ons altyd kos (nie bederfbare kos),  klere (veral kinderklere), toiletware en skoonmaakmiddels bitter nodig.

Ons het ook ’n groot behoefte aan vrywilligers om ons te help op elke vlak van dienslewering. Mense wat bereid is om betrokke te raak, wat ons kan help om die “good fight” te veg. Ons kan dit nie op ons eie doen nie. Ons kan nie bestaan sonder die ondersteuning van ons gemeenskap nie. 

Ons het ook ’n groot behoefte aan veiligheid en pleegouers. Daar is baie kinders wat sorgbehoewend is, maar die veiligheidshawe in Gansbaai is min. Ons het professionele mense nodig wat hulle dienste aan ons kliënte kan beskikbaar stel. Ons kliënte, ons mense, ons kinders was al deur soveel trauma waardeur hulle moet werk sodat die siklus homself nie weer herhaal nie. 

Ons het ook kenners nodig wat betrokke kan raak op ’n meer bestuursvlak wat bereid sal wees om saam met ons planne te maak en wat hulle hande sal vuilmaak om ons te help om die gemeenskap te help, om die kinders te help. 

Vir enige navrae kontak asb. ons kantoor op 028 384 0151. Ons is dankbaar vir enige hulp of ondersteuning wat ons gebied word.
 

BADISA (Maatskaplike Dienste)

NG Kerk Gansbaai

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stanford Canoe Club Represents South Africa

Stanford Canoe Club Represents South Africa

Sibongeleni CJ Mzimba has been part of the canoeing programme for 9 years.

Grootbos Foundation
You Don't Have to Keep Living This Way

You Don't Have to Keep Living This Way

Perhaps, over the past week, you have recognised yourself in these posts.

The Hidden Cost of Living Without Self-Worth

The Hidden Cost of Living Without Self-Worth

One of the greatest misconceptions about self-worth is that it only affects how we feel about ourselves.

Choose the Right Paint for High-Traffic Spaces

Choose the Right Paint for High-Traffic Spaces

Choosing the right paint is about more than colour, it's about durability, performance and long-lasting results.

When Anger Is Not the Problem

When Anger Is Not the Problem

Most people who struggle with anger are not naturally angry people.

Grootbos Foundation's Winter Holiday Programme

Grootbos Foundation's Winter Holiday Programme

It's the winter school holiday and Grootbos Foundation's coaches have changed gear to offer a daily holiday programme at Spaces4Sport. 

Grootbos Foundation
See All Articles