Gansbaai: Tussen Land en See - Barend Fourie

Gansbaai: Tussen Land en See - Barend Fourie

Gansbaai Stories

A small group of local residents has for some time now had the dream of writing an all-encompassing book about Gansbaai. This book will contain full information and stories about Gansbaai and its colourful history.

Here's this week's story:


Die eerste Fouries in Afrika het vroeg in die agttiende eeu reeds begin uitwyk van Wellington se kant, waar die Franse stamvader Louis vanaf 1690 die plaas Slangrivier met 21 kinders begin bevolk het. Natuurlik moes die meeste van hulle elders ‘n heenkome gaan vind, want een plaas was net te klein vir almal.

Ene Philippus Fourie het so 1735 deur die Rûens getrek en te lande gekom in wat deesdae Baarsdcheerdesbosch genoem word, lank voordat daar enige teken van Gansbaai was. Vandag is die van Fourie, saam met Groenewald, Geldenhuys, Otto, Swart en Lourens, natuurlik een van die algemeenste vanne in die buurt.

Een van die merkwaardigste afstammelinge van hierdie vroeë Fourie was bepaald wyle Barend, wat onlangs (2013) in ‘n Blomparkse ouetehuis in Gansbaai oorlede is. Barend het ‘n stukkie grond in ‘n klofie buitekant B’bosch by sy ouers gëerf en amper sy hele lewe daar ‘n kluisenaarsbestaan gevoer in ‘n eenkamer-kleihuisie met ‘n rietdak.

Barend was bekend daarvoor dat hy skynbaar sy hele volwasse lewe lank nooit sy hare gesny, sy baard geskeer of sy voete gewas het nie.

In ‘n onderhoud met ‘n tydskrif is hy een keer gevra of hy ooit bad. Ja, so dan en wan sou hy sy sinkbadjie in die son sit en as die water middag se kant louwarm is, dan klim hy in. Hy demonstreer dit toe aan die tydskrifmense; een van hulle vra hom hoekom sy elmboë en voete dan buite die bad op die grond rus.

“Maar sit jy nie jou voete in die bad nie?”

“Nee,” sê Barend.

“Hoekom nie?”

“Maak die water te vuil...”

Op ‘n keer wou ‘n familielid by hom weet hoekom hy nooit sy huis ‘n bietjie afwit en opknap nie. Barend was ‘n skrander kêrel en gladnie humorloos nie; hy het die navraag effens oordink voor hy homself só daaroor uitgespreek het: “Nee, want dan kry ek te veel las van die vroumense.”  


If you would like to submit your own story and/or find out how to get involved in this project please visit our website for more information.

Gansbaai: Tussen Land en See - Barend Fourie

Gansbaai: Between Land and Ocean

For those who have lived in or visited the quaint fisherman’s village of Gansbaai, it has secured itself a special place within our hearts. The friendly and welcoming residents makes you feel right at home and combined with the unspoiled nature, it truly is something special.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles