Blog

Van Boland Cravenweek na Boland o/21 Rugbyproewe

Van Boland Cravenweek na Boland o/21 Rugbyproewe

Gans-Berg Nuus / News

Van Boland Cravenweek na Boland o/21 Rugbyproewe

-Charl Eksteen, oud-Gansbaaier-

Charl Eksteen se kleintyd-droom is verwesentlik toe hy onlangs gekies is om as No 1 haker aan die Boland Witzenberg o/21 Finale Groepproewe deel te neem - dít, terwyl hierdie jongman tans maar 19 jaar oud is. “Hy is die enigste oud-Gansbaaier wat hierdie prestasie op sy ouderdom kon behaal,” vertel sy trotse ma, Adéle Eksteen.

Gans-Berg Nuus (29 Julie 2022) het destyds ‘n berig geplaas oor Charl wat as 17-jarige vir die Boland Cravenweek o/18’s op die veld uitgedraf het. Hy was destyds ‘n Gr 12-leerder aan die HTS Drosdy in Worcester, maar het sy laerskooljare in Laerskool Gansbaai deurloop. “Sy hart is van kindsbeen af in rugby en hy is ‘n jongman wat 1.78m in sy rugbystewels staan en weeg ‘n volle 104kg en sy posissies op die veld is loskopstut of haker, afhangende van waar hy benodig word,” het Gans-Berg Nuus se berig gelui.

Intussen het Charl besluit om homself as ‘n Dieselwerktuigkundige te kwalifiseer en is tans besig om sy ambag in Ceres te deurloop. Charl is die seun van Adéle en wyle JP Eksteen van Gansbaai. Soos in die 2022-berig die geval was, wens Gans-Berg Nuus Charl opnuut alles van die beste toe vir sy rugby-toekoms en voorsien dat hy nog groot hoogtes gaan bereik!

Hardus Botha

Van Boland Cravenweek na Boland o/21 Rugbyproewe

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Change Your Mindset, Change Your Life

Change Your Mindset, Change Your Life

Nothing changes outside unless it changes inside first.

New Arrivals at Komtessa Boutique!

New Arrivals at Komtessa Boutique!

Fresh styles have arrived at Komtessa Boutique!

Komtessa Boutique
Gate Motor Repair in De Kelders

Gate Motor Repair in De Kelders

Thunder Services & Solar recently completed a gate motor repair in De Kelders.

Quality Beef Forequarter Cuts

Quality Beef Forequarter Cuts

Looking for quality beef cuts for your next meal?

Prime Cuts Meat
8-Week-Old Puppies Looking for Loving Homes

8-Week-Old Puppies Looking for Loving Homes

These adorable little puppies are 8 weeks old and ready to find their forever families.

BARC Animal Welfare
Give Your Metalwork a Fresh Coat of Paint

Give Your Metalwork a Fresh Coat of Paint

Everyone remembers to repaint the walls, but gutters, gates, garage doors, burglar bars and palisade fencing...

See All Articles