Blog

Welkom aan nuwe Tandarts

Welkom aan nuwe Tandarts

Gans-Berg Nuus / News

Welkom aan nuwe Tandarts

Dr Markus Botes, Gansbaai se nuwe tandarts, het onlangs die vorige tandarts, Dr De Villiers, se praktyk oorgekoop, wat met pensioen afgetree het. Op 5 Mei 2025 is die praktyk geopen, met Markus wat ook in Hermanus werk. Sy vriendelike personeellede is Veronica Dumas by ontvangs en Nicky van Eeden, Markus se assistent. 

“Ek voel welkom in Gansbaai en sal sover moontlik alles doen wat ek kan om goeie diens te lewer,” het Markus aan Gans-Berg Nuus gesê. “En, o-ja, ek het spesiaal 'n nuwe tandartsstoel vir die spreekkamers gekoop!” Markus kan alle tandheelkunde van enige aard hanteer en, waar hy nie kan nie, sal hy die nodige verwysings doen.

Markus is oorspronklik van Pretoria, maar het sy studies in 2016 aan die Universiteit van Wes-Kaapland voltooi. Hy het in Johannesburg tot Februarie 2024 gewerk, maar die rustigheid en natuurskoon van die Wes-Kaap het sy hart gesteel. “Toe besluit ek om Wes-Kaap toe te verhuis met die oog daarop om 'n praktyk te open,” vertel hy. Markus is ongetroud, maar, jammer vir die ongetroude dames-pasiënte, sy verlowing is in die pyplyn - miskien nog vir hierdie jaar! Hy sê hy is baie lief vir die buitelewe, hou van oefen en is ook 'n Driekamp-atleet - dus lekker fiks.

“Ek is wel uitgekontrakteer, maar vra standaard mediesefonds tariewe - pasiënte moet dus betaal en dan by hulle mediesefondse eis,” het hy gesê. Die spreekkamers is tans net op Maandae en Dinsdae vanaf 08:30-16:30 en Vrydae vanaf 08:30-15:30 oop. Dit is in die Fynbossentrum, hv Hoof- en Fabriekstrate geleë. Vir afsprake kan hulle by 071 125 3450 geskakel word, of stuur 'n epos aan drmjbotesinc@gmail.com.

Hardus Botha

Welkom aan nuwe Tandarts

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Reconnecting With Yourself

Reconnecting With Yourself

Reconnect to rediscover your true self

From Confusion to Clarity

From Confusion to Clarity

Clarity comes from reconnecting within

Hello April, Hello Diamonds!

Hello April, Hello Diamonds!

Diamonds are a girl's best friend.

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Creative mood board workshop event at Kaliko.

BARC March 2026 Newsletter

BARC March 2026 Newsletter

Check out our latest newsletter!

BARC Animal Welfare
Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Join us for a fun event supporting BARC animal welfare.

BARC Animal Welfare
See All Articles