Tot beskikking van die HERE

Tot beskikking van die HERE

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Maria het nie aangebied om iets te doen nie. Sy het nie gedink dat sy graag iets groots vir die HERE sou wou doen nie. Sy was besig met haar gewone huiswerk toe die engel aan haar  verskyn het in haar tuisdorp, Nasaret. Wat het sy in elk geval gehad om aan te bied? Raad? Haar hulp? Haar gawes? Nee. GOD het niks van haar nodig gehad nie. Behalwe dat sy, gevul met die Heilige Gees en met die krag van die Allerhoogste in haar, die eer en voorreg gehad het om GOD se uitverkore werktuig, hier op aarde te wees.   Soos jy!

Het jy gehoor wat ek sê? GOD wil jou gebruik as Sy uitverkore werktuig, om in hierdie Kerstyd iets groots en wonderliks vir Hom te doen! “Dit kan nie waar wees nie,” hoor ek jou sê. “Ek is nie spesiaal genoeg om iets vir die HERE te doen nie. Ek is te arm, te jonk, te bang. Ek het nie veel geestelike gawes of besonderse talente nie.” Weet jy GOD het ook nie Maria gekies omdat sy só ‘n goeie mens, of baie geestelike gawes gehad het nie. Hy het net gevra dat sy getrou sou wees in die tyd wat sy die heilige Kind van GOD sou dra! Haar gesindheid was reg toe sy geantwoord het“Ek is tot beskikking van die HERE. Laat met my gebeur wat u gesê het.”(Luk 1:38) Sy het ook nie gesê sy het nie tyd of dat sy nie goed genoeg is nie. GOD doen alles. Hy skenk die krag wat jy nodig het en Hy laat die saadjie in jou groei deur die werking van die Heilige Gees. Al wat jy moet doen, is om jou tot beskikking van die HERE oop te stel.

Jy hoef nie GOD te help in sy plan met jou lewe nie. Jy hoef ook nie bang te wees om deur Hom gebruik te word nie. Jy moet net bereid wees om gehoorsaam Sy Woord te lees, te doen wat GOD van jou daarin vra en dan sal jy só vol word van die Heilige Gees dat GOD se werk in jou gebore kan word. GOD wil Sy Seun in jou laat groei sodat Hy deur jou in die wêreld gebore sal word. Mense sal in jou lewe en optrede GOD raaksien en Hom verheerlik! Om só vol van Hom te wees dat ons saam met Paulus kan sê: “En nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe!”

(Gal. 2:20)

Tot beskikking van die HERE

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles