Kersboodskap

Kersboodskap

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Een van die inwoners, in haar negentigs, sê hoe ouer jy word hoe vinniger gaan die tyd verby. As ons terugkyk na die jaar wat verby is, was dit ‘n gesëende jaar vir Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes. Met die hulp van ons Hemelse Vader kon ons ‘n rustige hawe van deernis en persoonsgerigte versorging aan ons Inwoners gee. Hulp vanuit alle oorde het dit vir ons moontlik gemaak om die ekwivalent van 8 (agt) inwoners ten volle te subsidieer en te versorg.

Ons opregte dank en waardering gaan aan: Die Beheerraad vir hulle leiding en bydraes; Die Goue Hande vir funksies, spesiale etes, stimulasie, oefeninge, hare doen, bederf en veel meer; Organisasies, instansies en individue wat skenkings gemaak het ter stywing van ons fondse; Individue wat produkte aan die Tehuis en ook sy inwoners skenk; Die NG Kerk en AGS Kerk vir die geestelike versorging van ons inwoners; Individue wat persoonlike aandag aan ons inwoners gee, soos onder andere geselsies, versorging van naels en veel meer.

Ek kan werklik sê, en ek bedoel dit uit my hart, dat die gemeenskap hier uniek is wat betref naasteliefde en omgee vir jou medemens. Baie dankie aan almal wat ‘n bydrae gelewer het. Dankie ook aan my personeel vir julle geduld en persoonlike versorging van ons inwoners.

‘n Geseënde Christusfees en ‘n mooi 2015 word u en u familie toegewens. Moet nooit vergeet dit is Jesus, die kindjie gebore, wat verlossing vir almal bring en ons met vreugde laat sing.       

John van Rooyen, Bestuurder: Herberg-aan-See

Kersboodskap

John van Rooyen

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles