Die immergewilde Skemerstap ten bate van Herberg-aan-See (HaS) is vanjaar op Woensdag, 4 Maart 2015 aangebied. Die roete was weer vanaf die Kleinbaai sleephelling kuslangs tot by die Strandveld Museum in Franskraal. “Daar was vanjaar minder inskrywings wat waarskynlik aan die weer toegeskryf kan word, maar ek is baie tevrede met die sukses van die stap,” het Francia van Dyk, organiseerder van die Skemerstap, gesê. Sy sê sy was verbaas oor 8 inskrywings van oorsese toeriste: 2 van Duitsland, 2 van Engeland, 2 van Suid-Amerika, 2 van Skotland, 1 van Noorweë en 1 van Amerika, wat die stap terdeë geniet het.
Sharman Geldenhuys, Biblio-tekaris van Gansbaai Biblio-teek, sê dat sy wel ten bate van HaS gestap het, maar ook namens die Overstrandse Munisipaliteit en dat al haar stil gebede op die roete aan die verwoestende brande en brandweermanne opgedra was.
Op die grasperke van Strand-veld Museum was daar weer die gebruiklike worsrolletjies, turksvye en “dorslesers” vir die “uitgeputte” stappers en is daar gesellig saamgekuier. Francia bedank graag alle deelnemers, asook alle borge vir hul mildelike bydraes van harte, sonder om enige uitsonderings te maak.
Hardus Botha