Vroegtydige Madiba-tyd

Vroegtydige Madiba-tyd

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Dit het al tradisie geword om op 18 Julie ontslape president Mandela se verjaardag te herdenk deur 67 minute van ons tyd vir ons gemeenskap te gee,” sê DA-raadslid, Riana de Coning. “Aangesien hierdie dag vanjaar binne die skoolvakansie val, het Riana, ‘n spesialis leerderondersteuner, en rdl David Botha, ‘n siviele ingenieur, ‘n beroepsvoorligtingsessie vir Gansbaai Primêr se Gr 7-leerders gereël. Die leerders is gestimuleer om buite die alledaagse denkraamwerk te dink, veral wanneer toekomstige beroepskeuses beplan word.

“Suid-Afrika is ‘n land waar gelyke geleenthede vir almal, ongeag van jou lewensomstandighede, aan almal gebied word en leerders moet dit benut,” het Riana gesê. Rdl Botha het veral die klem laat val op die breë veld in die ingenieurswese en die belangrikheid van Wiskunde en Natuurwetenskappe wat as vakke tot matriek geneem moet word. Hy het die verskeie aspekte in die beroep met behulp van videos geïllustreer. Rdl de Coning het by wyse van die analogie van ‘n muur wat gebou word, die uiters belangrike rol van die onderwyser in die suksesvolle toekoms van leerders geïllustreer. Elke onderwyser gebruik hul kundigheid en kennis in sy/haar spesifieke leerarea om  die boustene van kennis, waarmee ‘n lewensmuur gebou word, te voorsien.

Leerders wat nie  hierdie geleenthede met beide hande aangryp en hul beste lewer nie, sal gapings in hul “muur” hê wat krake sal veroorsaak en sodoende geleenthede deur hul vingers laat gly. Dit kan in die uiterste geval selfs tot gevolg hê dat die muur omval, met die gevolg dat leerders se lewens van algehele mislukking kan getuig. Onderwysers en leerders was dit eens dat hulle die sessie baie geniet het en ook baie daaruit geleer het. Riana sê ‘n opvolgsessie sal gedurende die volgende kwartaal aangebied word en ander omliggende skole sal ook genader word om van die Raadslede se kundighede gebruik te maak.

Hardus Botha

Vroegtydige Madiba-tyd

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles