Reuse Alikreukel

Reuse Alikreukel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Ek het hierdie groot ‘skulp’ etlike jare gelede by Stellenbosch uitgegrawe toe ek in diens van Telkom was en Telkomslote daar gegrawe is,” vertel Bennie Walker van De Kelders. Die breedste gedeelte van die skulp is ±19cm en dit weeg 1,5kg.

Philip Fourie van Franskraal het die volgende opmerking gemaak: “Die skulp op die foto blyk wel dié van ‘n alikreukel te wees. Kyk ons na die skulpe van tamaai groot perlemoene wat vanmelee uitgehaal is, is dit net logies dat daar ook 300 jaar gelede sulke groot alkrikke bestaan het. Dit wil voorkom asof die skulp in versteende vorm is, wat waarskynlik die rede vir die swaar gewig is.”

Philip verwys ook interessant na die naam ‘alikreukel’: “Die Tweetalige Woordeboek noem dat altwee benaminge, alikruikel en arikreukel, korrek is. Hier by ons gebruik ons lankal nie meer die ari-vorm nie, maar het interessant genoeg die twee woorde tot ‘n nuwe woord omvorm, naamlik alikreukel (dus nie alikruikel nie), of sommernet alkrik.”

Volgens Francois de Jongh se Sunbird-boek, Geïllustreerde Gids tot die Dierelewe van Suider-Afrika, is hierdie skulp die Reuse-alikreukel (Turbo sarmaticus): “Die reuse-alikreukel het ‘n groot dik, swaar skulp met redelike groot knoppies wat bydra tot sy swaarlywige voorkoms. Die reuse-alikreukel word onderskei deur kenmerkende knopperige operkuluk en deur die feit dat daar nie spiraalriwwe op die skulp is nie. Bennie het ook ‘n paar baie groot skulpe in die vorm van die mosselfamilie by Galjoenbank op die Plaat by De Kelders opgetel, waarvan een nog ‘n skulpdier ingehad het. “Dit is die eerste keer in 15 jaar dat ek hierdie groot skulpe daar aangetref het,” vertel Bennie.

In hierdie verband verwys Philip na die boek, Two Oceans: A marine guide to the marine life of Southern Africa. Die lang skulp is wel ‘n tipe Swartmossel, maar die voorbeeld en beskrywing wat my naslaangids gee, toon die grootte tot 15 cm. Die een op die foto blyk groter te wees. Dit is ook heel normaal om, veral ná sterk Noord-Wes storms, skulpe met die diertjie nog binne uitgespoel te kry.”

Die duidelikste vergelykende foto in die naslaangids verwys na die Horse mussel (Atrina squamifera), met lengtes van tot 390mm. Die uitnodiging bestaan deurgaans aan lesers om kommentaar op hierdie tipe van berigte te lewer, wat as ‘n opvolgberig benut kan word.

Hardus Botha

Reuse Alikreukel

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles