Gansbaai KK het sy 2de Sondagliga (40 beurte) wedstryd tuis gewen, deur Stanford KK met 9 paaltjies te wen. Stanford KK is gevra om eerste te kolf, en hulle het gesukkel om die goeie en akkurate boulwerk van Gansbaai KK baas te raak. Stanford KK kon slegs 117/10 (almal uit) in 33.2 boulbeurte aanteken.
Gansbaai se beste boulers was Juan Havenga (4-2-13-4), Gurshwin Davids (5-1-19-2), Jonathan Doyle (5-0-19-2) en Corrie Avenant (3.2-0-5-2). Gansbaai KK het toe gaan kolf en sonder enige moeite 118/1 in 23.3 boulbeurte aangeteken. Dit was danksy 'n onoorwonne 114 lopies vennootskap tussen Corrie Avenant 53 nun (7x4) en Jonathan Doyle 38 nun (3x4).
Gansbaai KK reis eerskomende Sondag na Kleinmond om teen Kleinmond KK te speel. Ons is weer eens hoopvol dat Gansbaai nog 'n goeie vertoning sal lewer.
Sportiewe groete, Heinrich Vermeulen