De Kleine Gansies se Valentynsdag het terselfdertyd gepaardgegaan met ‘n fondsinsameling. Die beheerliggaam en die skool het saamgespan en gesorg vir ‘n “Valentyns-raffle” wat uitgeloot is.
Die gelukkige wenner was Deidré Scholtz en haar wenprys is deur De Kleine Gansies se skoolhoof, Lanita Marais aan haar oorhandig. “Ons as skool en beheerraad wil net graag ons borge van die “Valentyns-raffle” opreg bedank, waarsonder die fondsinsameling nie moontlik sou gewees het nie,” sê JP Coetzer van Premier Fishing.
Die gewillige borge is Juanita Maree van Visions Hair and Beauty (geskenkbewys); Irma Kriel van Boathouse (geskenkbewys); “Oom” Danie van Biltong en Nut Corner (geskenkpakkie); Surene Viljoen (bos blomme); Coffee on the Rocks (geskenkbewys). JP sê hulle beplan ook om ‘n “Vadersdag-raffle” en ‘n “Moedersdag-raffle” uit te loot en vra byvoorbaat ondersteuning daarvoor.
“Die doel van hierdie fondsinsamelingsprojekte is vir die fondse wat vir opknapping van die skool benodig word,” het JP gesê. Algemene navrae kan aan JP Coetzer by 083-274-9674 gerig word, of skakel vir Lanita Marais by 083-651-1965.
Hardus Botha