Spieël van die Woord

Spieël van die Woord

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Een van die belangrikste take van menswees, is die vind van jou ID - Wie is ek?”, het ds Willie Kotze se inleidende paragraaf tydens verlede Sondag se Oggenddiens in die NG-gemeente gelui. “Vele spandeer ‘n leeftyd op soek na hulself, maar Calvyn meen selfkennis begin by Godskennis.”

Dit was terselfdertyd die jaarlikse Belydenisaflegging van Geloof deur suksesvolle katkisante en ds Kotze het sy boodskap aan die gemeente en die groep jongmense op 2 Kor 3 baseer. “Hierdie gedeelte sê vir ons die Bybel is soos ‘n spieël en wanneer  ons in die spieël van die Woord kyk, gebeur ‘n vreemde ding. In ‘n gewone spieël sien ons onsself, maar hoe langer en intenser ons in die spieël van die Woord kyk, hoe meer word ons verander na die beeld in die spieël - Jesus Christus.” Vanjaar se groep “nuwe” lidmate is (alfabaties): Alco Kotze (ds Willie Kotze se seun), Anthea Goedde, Bianca Schoonwinkel, Chanelle Dreyer, Daneen Vermeulen, Henlo Smit, Kobus Truter, Luan Fourie, Monet van Deventer en Mynard van Niekerk. Dit is die gebruik in die NG-gemeente dat die leraars ‘n Gr 8 groep neem en die pad met hulle deurstap tot aan die einde van hulle finale katkisasie-jaar, waarna hulle dan Belydenis van Geloof aflê. ‘n Ouderling, in hierdie groep se geval Hennie Prinsloo, hanteer die groep saam met die leraar. Hennie is dus bekend aan hierdie groep sedert hulle Gr 8-jare. Dr Bobo van Zyl was die verantwoordelike leraar, maar het gedurende 2015 op langverlof gegaan en daarna afgetree. Hennie het die groep op sy eie tot by die groot dag in hul lewens geneem.

“Dit is altyd ‘n voorreg om as ouderling ‘n pad saam met hierdie jongmense te stap,” sê Hennie. “Net so is dit ‘n voorreg om hulle nou aan die gemeente as nuwe lidmate voor te hou en te weet dat elkeen van hulle saam met Christus op die regte pad vir die toekoms geplaas is.”

Hardus Botha

Spieël van die Woord

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles