Gansbaai Gedenkboek nou beskikbaar

Gansbaai Gedenkboek nou beskikbaar

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Gansbaai Gedenkboek word Vrydagaand, 6 Mei 2016 amptelik tydens ‘n geselligheid bekendgestel. Hierdie kosbare kleinnood sal vanaf Maandag, 9 Mei 2016 beskikbaar wees en sal by Gansbaai Toerisme, Gansbaai Superspar en Gansbaai OK Foods te koop aangebied word.

Dit is ‘n pragtige Koffietafelboek en beslaan 420 bladsye, waarvan ‘n groot hoeveelheid in volkleur is. Dit kos ‘n skamele R300. Die eerste drukoplaag was 500 en voorverkope (bestellings wat reeds vooruit betaal is) is reeds meer as 300. Belangstellendes sal dus moet wikkel om te verseker dat dit nie neusie verby sal wees met hierdie drukoplaag se boeke nie. Daar kan dalk lank gewag word vir die volgende drukoplaag, wat ook duurder sal wees. Die behoefte aan ‘n boek oor Gansbaai se geskiedenis is reeds sowat 5 jaar gelede geïdentifiseer, maar heelparty struikelblokke moes eers uit die weg geruim word.

In Gansbaai Courant van Donderdag, 19 November 2015 berig die Gedenkboek Komitee dat die boek ‘n tipiese hardeband, koffietafel-tipe boek (formaat 290x200mm) sal wees. “In my bykans 71 jaar van bestaan was daar vele hoogtepunte wat ‘n groot invloed op my lewe gehad het. Een van hierdie hoogtepunte is die verwesentliking van hierdie boek,” het Pieter Scholtz, Voorsitter: Gedenkboek Komitee toe gesê.

Die skrywers, Jan en SD Fourie, het onder andere die volgende gesê: “Gansbaai se ontstaangeskiedenis is onlosmaaklik deel van sy hartklop - die visbedryf. Die gawe van die see wat die pioniervissers geklee, gevoed en vooruit laat beur het.”               

Hardus Botha

Gansbaai Gedenkboek nou beskikbaar

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles