Die rekords het behoorlik gespat tydens Laerskool Gansbaai se 2017 Kleure-atletiek op 19 en 20 Januarie 2017. Twaalf nuwe rekords is opgestel en twee vorige rekords is geëwenaar.
Die Geelspan met die tema “SpongeBob SquarePants”, het die beker vir die meeste punte ingepalm. Hul spankapteins was Monique Hugo en AJ Bosch.
Die gees/sangbeker is deur die Blouspan met die tema “Navi-stam” van “Avatar” gewen. Hulle spankapteins was Anrie van Niekerk en Gavin Middleton.
Die Victrix Ludorum vir die dag is deur Gené Cornelius ingepalm en die Victor Ludorum deur AJ Bosch.
Die nuwe rekords wat opgestel is, se atlete in alfabetiese orde is:
George Groenewald S o/12 (Diskus - 31.47m); Janka du Toit D o/12 (Diskus - 19.23m); Jason Snoegella S o/12 (100m - 14.1sek); Joy Hans D o/9 (60m - 9.9sek); Joy Hans D o/9 (80m - 13.1sek); Miela du Toit D o/8 (60m - 10.3sek); Miela du Toit D o/8 (80m - 13.8sek); Nadine Groenewald D o/12 (Diskus - 22.17m); Philip Colyn S o/11 (Gewigstoot - 8.72m); Stefan Stieger S o/9 (60m - 9.5sek); Stefan Stieger S o/9 (80m - 12.4sek); Veno van Vuuren S o/13 (200m - 30.0sek).
Rekords wat geëwenaar is:
Joani-Lee Vos D o/10 (80m - 13.1sek); Ralpp Smit S o/11 (80m - 12.2sek).
Foto erkenning: Sonja Walker, Hugo Fourie en Hardus Botha.