Erhardt Roothman van Gansbaai Wynproegilde het met sy “blinde wynproe” gaste behoorlik laat kopkrap met ‘n paar verrassings.
Die wynproe-geleentheid is Vrydag, 17 Februarie 2017 by McClarke’s Hide-Away van Marnina Clarke aangebied.
Die 6 wyne, 3 wit en 3 rooi, is ewe netjies in papiersakke toegebind en niemand het gewis wat hulle proe nie.
Soms het Erhardt bietjie “vuil” gespeel deur ander wynname as die korrektes te noem, terwyl van die gaste wel reggeraai het. Dit het egter alles tot ‘n genoeglike wynproe-aand bygedra.
Die wyne wat Erhardt vir die blinde-proe aangebied het, was: Witwyne - Misty Mountain se Sauvignon Blanc (2016), Du Toitskloof se Chardonnay (2016) en Stanford Hills se Chenin Blanc (2016); Rooiwyne - Laborie se Merlot / Carbernet Saugvignon (2015), Misty Mountain se Shiraz (2010) en Stanford Hills se Jacksons Pinotage (2014).
Blinde-proe of nie, al 6 wyne het perfek by Marina se sagte lamsvleisskywe, met ‘n tarentaal en aspersie quiche en bykosse ingepas, asook by die kaaskoekkelkie met tuisgemaakte turksvystroop as nagereg.
Navrae rakende Gansbaai Wynproegilde kan aan Anne-Marè de Witt by 082 783 9153 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan haar by
annemaredewitt@yahoo.com