‘n Welkome toevoeging tot Gansbaai se mediese dienste, is die nuwe privaat radiologie praktyk wat pas sy deure oopgestoot het op die hoek van Barnard- en Rietstraat in Gansbaai.
Die radioloog, Dr Eben Myburgh het ook praktyke in Robertson, Bredasdorp en Qwa-Qwa.
Charmaine Zondagh, ‘n radiografis van Bredasdorp hanteer op die oomblik die afsprake smiddae, maar vanaf 28 Augustus sal die praktyk voldag in werking wees wanneer Lyn McLaren hier begin werk. Dr Myburgh nooi die Gansbaaiers om te gaan kennis maak!