Blog

Franskralers se seun Wêreldkampioen in Veldteikenskiet

Franskralers se seun Wêreldkampioen in Veldteikenskiet

Gans-Berg Nuus / News

Franskralers se seun Wêreldkampioen in Veldteikenskiet

Die 2023 Wêreldkampioen in Veldteikenskiet, Gerhard Genade, se trotse ouers is die bekende Gielie en Annaleen Genade van Franskraal. Annaleen is die organiseerder van die jaarlikse Borskankerstap in Franskraal. Nou val die kollig op hulle seun in die Proteaspan met sy trotse prestasie as Wêreldkampioen in Veldteikenskiet.

“Ek kan byna nie beskryf hoe ek oor my oorwinning voel nie,” het Gerhard gesê. “Om die wêreldkampioenskap te kon wen, is vir my die toppunt van my skietloopbaan.” Hy vertel dat hy as ʼn jong seun gereeld met sy kettie rondgeloop het. “Ek het teikens opgestel en dit terdeë geniet wanneer ek in die kol is,” het hy glimlaggend gesê. Hy het eers in 2009 op die ouderdom van 32 met sy veldteikenskietloopbaan op ‘n mededingende basis begin deelneem.

Die 31ste World Field Target Federation se wêreldkampioenskappe van 23-27 Augustus 2023 is vanjaar in die Kommandonek-oord naby Hartbeespoortdam, Noord-Wes Provinsie, gehou. Suid-Afrika het as gasheerland opgetree, met die South African Field Target Airgun Association (SAFTAA) as mede-organiseerders. Die Suid-Afrikaanse Proteaspan het 1ste uit 10 lande geëindig, met Gerhard Genade wat as Wêreldkampioen in Veldteikenskiet gekroon is.

Die deelnemende lande (alfabeties) was België, Engeland, Iran, Nederland, Noord-Ierland, Poland, Portugal, Suid-Afrika, VSA en Wallis. Die agt gesoute Suid-Afrikaanse skuts van die Proteaspan (alfabeties), was Danel van Tonder, Derek van Niekerk, Gerhard Genade, Gerhard Strydom, Heinri Brink, Jan Steytler, Machiel Basson en Wian Strydom.

Veldteikenskiet is ʼn buiteluggeweerdissipline wat in die vroeë 1980’s in die Verenigde Koninkryk (VK) ontstaan het en wêreldwyd al hoe meer gewild word. In Suid-Afrika is Veldteikenskiet vir die eerste keer in 2003 bekendgestel - dus was dit vanjaar hierdie sport se 20ste bestaansjaar in Suid-Afrika.

(Foto’s verskaf)

 
Hardus Botha
Franskralers se seun Wêreldkampioen in Veldteikenskiet

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Define Your Ultimate Experience

Define Your Ultimate Experience

Do you have any idea what your ultimate dream will feel like?

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

We were finally back on the water after a no-sea day! 

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Self-belief is the driving force of a goal.

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Thinking about breeding your dog? Make sure you know the rules first.

BARC Animal Welfare
R5 Off Your Meal at The Boathouse!

R5 Off Your Meal at The Boathouse!

Simply show your gate ticket to your waiter, and you’ll receive R5 off your bill.

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Your business may be the dream you once imagined - but you are the driving force behind it.

See All Articles