Blog

Birkenhead Boothengelklub - Gesellige Saamkuier en Pryse

Birkenhead Boothengelklub - Gesellige Saamkuier en Pryse

Gans-Berg Nuus / News

Birkenhead Boothengelklub - Gesellige Saamkuier en Pryse... Sonder Hengelkompetisie

Die Birkenhead Boothengelklub se maandeindfunksie vir September was, soos altyd, die ene geselligheid met ‘n klubsaal vol lede en gaste. Marilda Louw en haar twee regterhande, Jan Louw en Charlie Steyn, het ‘n pure lente-atmosfeer met die saalversiering geskep. Voeg daarby Hein Kroese se musiekfabriek vir voete-jeuk musiek, Lizette se gerookte bees-briskette met smaaklike bykomstighede en sjokolade brownies & roomys as nagereg, asook die klub se kroegdame, Geraldine Schreiber op haar pos - wil jy nou meer, die perfekte resep vir ‘n gesellige kuier- en dansaand.

Derick Peterse het die aand se verrigtinge namens voorsitter Robbie Nelson waargeneem. As gevolg van swak weersomstandighede, kon die September-kompetisie nie plaasvind nie. Die pryse vir die boothengelkompetisie van 5 Augustus 2023 is wel oorhandig - ‘n kompetisie waartydens net twee bote, Waca van Carl Dyer en Scarmax van Kenny Owen, met die aand se pryse weggestap het.

Waca en bemanning het egter met hulle vangstes uitgetroon: swaarste bootgemiddeld; swaarste vis en swaarste sak (Carl Dyer); 2de swaarste vis en 2de swaarste sak (Philip Fourie) - baie geluk aan Waca en bemanning!

Kenny Owen en sy bemanning op sy boot, Scarmax, het ook baie goed gevaar: 2de swaarste bootgemiddeld; dame swaarste sak (Anita Vermeulen); dame 2de swaarste sak (Colleen Kemm) - ook baie geluk aan julle!

Die res van die aand was net een groot geselligheid wat terdeë deur die lede en gaste geniet is - tot laataand toe. Drie goeie wyne is ook deur gelukkige kaartjie-nommers gewen. Derick het ook die geselligheid van elke Woensdagaand se informele braai by die klub onder almal se aandag gebring. 

 
Hardus Botha
Birkenhead Boothengelklub - Gesellige Saamkuier en Pryse

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...

Gans-Berg Nuus / News
Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

See All Articles