Blog

Franskraal Rolbalklub - Arrie Nel Apteekgroep Borgdag

Franskraal Rolbalklub - Arrie Nel Apteekgroep Borgdag

Gans-Berg Nuus / News

Franskraal Rolbalklub - Arrie Nel Apteekgroep Borgdag

Vanjaar was daar net 14 rolbalspanne wat vir die jaarlikse gewilde Arrie Nel Apteekgroep (Gansbaai Apteek) Borgdag ingeskryf het en daar was ook net een baan beskikbaar - maar op die oog af was dit van vroeg af net rolbalspelers en balle waar mens kyk. Van meet af aan was dit duidelik dat die rolbalspelers in ‘n ‘hewige’ stryd gewikkel was, maar met ‘n gesellige sportmansgees wat vir niks geskrik het nie.

“Twee nie-klublede het saam met twee klublede deelgeneem,” vertel Kokkie de Kok, President van Franskraal Rolbalklub. “Die toernooi is ‘n baie gewilde dag op Franskraal Rolbalklub se rolbalkalender en ek is dankbaar dat dit goed deur nie-klublede ondersteun word.” Elke speler ontvang ‘n prys, danksy Arrie Nel se borgskap. “’n Groot dankie aan Emile Calitz, Bestuurder van Gansbaai Apteek, vir sy puik reëlings en enorme bydrae tot die sukses van die dag,” sê Kokkie.

Die meerderheid deelnemers was maar baie skepties oor die swak weersomstandighede - sterk wind en kort-kort ‘n bui reën was die spelers se voorland. Die reën het gelukkig toegelaat dat 3 wedstryde van 10 skofte elk gespeel kon word. Kokkie sê die Franskraal rolbalspelers is al goed geoefen om in sterk wind te speel en die bietjie reën tussendeur het hulle nie afgeskrik nie.

Die gebruiklike ‘Spinwiel’ is soos gewoonlik gedraai, met goeie pryse wat gewen kon word. AJ het die groot Hamper gewen en sy prys is deur Simoné Liebenberg, Emile se verloofde, aan hom oorhandig. ‘n Heerlike en smaaklike middagete is aan die spelers voorgesit, wat terdeë geniet is - so bietjie uit die koue wind uit! “Ons sien nou reeds uit na die volgende Arrie Nel Apteekgroep Rolbaldag,” het Kokkie gesê.

 
Hardus Botha
Franskraal Rolbalklub - Arrie Nel Apteekgroep Borgdag

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Rugbytrots!

Rugbytrots!

Baie geluk aan Jordan, Maks, Shaugin en Myburgh!

Laerskool Gansbaai
Great Sightings This March!

Great Sightings This March!

March was packed with incredible ocean activity for White Shark Projects! 

White Shark Projects
Grootbos Wildlife Caught on Camera Trap

Grootbos Wildlife Caught on Camera Trap

Our parting shot is a Friday traffic report that looks a little bit different at Grootbos Private Nature Reserve! 

Grootbos Foundation
Stay on the Move with Our Mobile PoDHoME!

Stay on the Move with Our Mobile PoDHoME!

Why stay in one place when your home can move with you?

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Quiet Power of Knowing Who You Are

The Quiet Power of Knowing Who You Are

There is a quiet power in someone who knows who they are.

Under the Microscope | Lindelwa’s Pollen Discovery

Under the Microscope | Lindelwa’s Pollen Discovery

What has the newest member of the Conservation Team, Lindelwa, been looking at under the microscope this week?

Grootbos Foundation
See All Articles