Blog

Spring Summer Fashion Show

Spring Summer Fashion Show

Gans-Berg Nuus / News

Spring Summer Fashion Show

-Komtessa Boutique spog met splinternuwe Somerstyle-

Opgewonde dames (mode-liefhebbers) het met groot verwagtinge Saterdagaand, 14 Oktober 2023 na De Uijlenes buite Gansbaai gery - dit was vir Tinneke Lutzeyer van Komtessa Boutique en haar span se tweede 2023-modeparade, Spring Summer Fashion Show. Die dames is beslis nie teleurgestel nie!

Verskeie kommentare oor die suksesvolle modeparade met pragtige lokale dames, getooi in die ‘mooiste Somer-kleure’, wat hulself uiters goed van hul taak op die ‘loopplank’ gekwyt het - ons het pragtige dames!

“Ons geniet dit om met elke modeparade ons getroue kliënte ‘n bietjie te bederf,” sê Tinneke Lutzeyer, eienaar van Komtessa Boutique. “Terselfdertyd is daar sommer ‘n 10% afslag-geskenkbewys vir almal wat die aand bywoon.” Goeie nuus is dat die afslag-aanbod geldig is to 31 Oktober 2023.

Vanjaar was dit Tinneke se ‘Spring Summer Fashion Show’ vir nuwe Somerstyle wat by De Uijlenes aangebied is. 

Komtessa Boutique reël twee modeparades jaarliks: een in Oktobermaand vir Lente/Somer-uitrustings, die ‘Spring Summer Fashion Show’ en een in Meimaand vir Herfs/Winter-style, die “Autum/Winter Fashion Show”. Tinneke sê die hoofdoel hiervan is om dankie te sê vir hulle kliënte wat hulle getrou ondersteun. “Ons skep graag hierdie gesellige geleenthede om die dames met ‘n gesellige aandjie-uit met vonkelwyn en mooi klere met bykomstighede te bederf.

Vanjaar se pragtige modelle is almal ‘locals’ van Gansbaai en Baardskeerdersbos: Leana Wagenaar, Suna Swart, Mishke Korkie, Anabelle Rathbone, Adele Nel en Nina Schein-Murzel - die een so mooi soos die ander!

Vir hierdie modeparade doen sy graag die volgende bedankings (alfabeties): Christine en Nel Shrecker van Husband and Wife Team (saalversiering); Dinah (sang en kitaar); Duane van Hair on Main (doen van hare); Flippie en Staci Groenewald van De Uijleness (venue, kos en reëlings); Fotograaf (Avozha); H Nowers (DJ); Komtessa-kliënte (ondersteuning); Komtessa-span ( Suna, Thuli en Lynn); Leana (grimering); Nicolene Richards (seremoniemeester).

Geluktrekkings-borge (alfabeties) is: Adrie Prinsloo, Anna’s Pies, Bubbly Pilates by Amie, Gansbaai Bakhuis, Green Futures Nursery, Kaliko, Komtessa Boutique, Mooi Grimering en Bykomstighede, OK Franskraal, Pacific Collection, Rosemaries, Snipit en Stanford Kitchen. 

Tinneke, die passievolle eienaar van Komtessa Boutique, het die boutique op 1 Desember 2022 by die welbekende Kokkie Engelbrecht oorgeneem - ‘n skrale paar maande gelede. Tinneke het in Gansbaai grootgeword en deurloop haar skooljare by Laerskool Gansbaai en Hermanus Hoërskool.

Tinneke Lutzeyer van Komtessa Boutique kan by 066 159 8520 gekontak word, of besoek die boutique in die Protea Sentrum, Hoofstraat.

 
Hardus Botha
Spring Summer Fashion Show

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Define Your Ultimate Experience

Define Your Ultimate Experience

Do you have any idea what your ultimate dream will feel like?

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

We were finally back on the water after a no-sea day! 

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Self-belief is the driving force of a goal.

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Thinking about breeding your dog? Make sure you know the rules first.

BARC Animal Welfare
R5 Off Your Meal at The Boathouse!

R5 Off Your Meal at The Boathouse!

Simply show your gate ticket to your waiter, and you’ll receive R5 off your bill.

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Your business may be the dream you once imagined - but you are the driving force behind it.

See All Articles