Blog

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 7)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 7)

Gans-Berg Nuus / News

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 7)

-Vanuit ‘n handgeskrewe joernaalboek-

In Deel 7 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha, se toer van 44 dae deur Zimbabwe en Botswana gedurende Mei en Junie 2023 - met elke jota en titel van die toer wat dag vir dag kunstig deur Elna in haar joernaalboek opgeteken is, insluitend haar sketse - te veel inligting om weer te gee! 

Siabuwe: Maabwe Bay, hier kom ons! Die eerste rivier wat die groep oorsteek, is die Humerivier, waar hulle rustige natuurskoon ervaar, met die plaaslike bevolking wat water vir gebruik in die rivier skep. By een van die hutjies in ‘n ‘hutjie-stad’, ontmoet Dolf vir Rynos, ‘n dokter met 4 vrouens. Hy wys Dolf hoe sy hutjie van binne lyk - nie alles is slaapplek nie, een is vir donkies en een vir bokke...! “Intussen gesels ek met ‘n seuntjie, Trymore, wat Engels verstaanbaar kan praat,” vertel Elna. “Ek vertel hom hoe pragtig sy land is en hoe vriendelik die Zimbabwiërs is, en hy straal van trots en sê dit is goed om ‘foreigners’ so te hoor praat en hy hou daarvan om met mense van ander lande te ‘socialise’!”

Hulle loer ook by Mr Moyo Bus Stop in, waar die pragtigste stoele, wat deur die plaaslike mense gemaak word, beskikbaar is - unieke stoele met diere wat op die rugkante uitgekerf is. Dan ry hulle oor die Sengkwarivier waar Fanie hulle vertel van ‘n ‘gôre’ wat gemaak word - ‘n gat op die rivier se bodem om die water te suiwer.

Die dorp Siabuwe strek oor ‘n wye area met baie katoen wat verbou word. ‘n Lang en swak pad volg daarna tot by Maabwe Bay, maar hulle is verras met die omstandighede daar - ‘n strooidak gazebo, water, elektrisiteit en ‘n eie badkamer, alles op die Karibameer se wal. Hulle gasheer en -vrou is Richard en Margot wat sorg vir aangename geselskap. “In Maabwe Bay beleef ons ‘n lieflike oggend waartydens ons elke krieseltjie van die skoonheid van die natuur kon indrink,” vertel Elna. 

Later die middag stap hulle teen ‘n koppie uit vir ‘n beter opvangsein, maar ook vir die uitsig. Daar kom hulle by die ‘leeuvrou’ se huis uit - nóg ‘n verrassing. Sy is ‘n zoöloog, asook ‘n jagter, met nog ‘n paar kwalifikasies om in Afrika te mag werk. Elna skryf dat dit ‘n interessante huis is. Dit lyk kompleet asof dit nes geskrop het en sy lê tussen die klippe en bome gekry het. “Maabwe Bay was goed vir ons,” sluit Elna af.

Met die afsluiting van Deel 7 in Maabwe Bay en hulle wedervaringe daar, kies die groep koers na die Vic Falls vir Deel 8 van hierdie reeks in die Gans-Berg Nuus.

Image 1
Tipiese dorpie.
Image 2
Fanie en Judy Bothma op die stoele met uitgekerfte diere.
Image 3
Elna Nel, Fanie Bothma en Dolf Nel.
 
Hardus Botha
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 7)

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Rugbytrots!

Rugbytrots!

Baie geluk aan Jordan, Maks, Shaugin en Myburgh!

Laerskool Gansbaai
Great Sightings This March!

Great Sightings This March!

March was packed with incredible ocean activity for White Shark Projects! 

White Shark Projects
Grootbos Wildlife Caught on Camera Trap

Grootbos Wildlife Caught on Camera Trap

Our parting shot is a Friday traffic report that looks a little bit different at Grootbos Private Nature Reserve! 

Grootbos Foundation
Stay on the Move with Our Mobile PoDHoME!

Stay on the Move with Our Mobile PoDHoME!

Why stay in one place when your home can move with you?

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Quiet Power of Knowing Who You Are

The Quiet Power of Knowing Who You Are

There is a quiet power in someone who knows who they are.

Under the Microscope | Lindelwa’s Pollen Discovery

Under the Microscope | Lindelwa’s Pollen Discovery

What has the newest member of the Conservation Team, Lindelwa, been looking at under the microscope this week?

Grootbos Foundation
See All Articles