Gansbaai Toerisme se Toekomspad

Gansbaai Toerisme se Toekomspad

Gans-Berg Nuus / News

Image

Gansbaai Toerisme se Toekomspad

-Status quo word gehandhaaf-

Na maande, en selfs langer, se onsekerhede oor die bedryf van Gansbaai Toerisme, is daar tydens die Algemene Jaarvergadering (AJV) op 9 Mei 2022 verneem dat die status quo tot aan die einde van Junie 2022 gehandhaaf word. Die bestaande komitee is eenparig herkies totdat groter duidelikheid verkry is.

Die afwagting was groot om te hoor of daar al finale besluite oor die kernvraag, ‘die pad vorentoe’, geneem is. Frieda Loyd, Toerisme-bestuurder Overstrand, was ook teenwoordig en het die vergadering meegedeel dat ‘n volledige mediaverklaring op 26 Junie 2022 in hierdie verband uitgereik sal word.

Intussen het Gansbaai Toerisme se bestuurder, Glenda Kitley en die personeel hulle gang gegaan. Hulle het steeds met groot lojaliteit gewerk vir die bevordering van die Toerisme-bedryf in Gansbaai.

In haar Bestuurders-jaarverslag het Glenda volledig na alle werksaamhede gedurende die jaar verwys. “Vir die eerste paar maande na die vorige AJV het bykans alles tot ‘n stilstand gekom as gevolg van Vlak 4 van die pandemie,” het sy gesê. “Gelukkig het dinge daarna begin normaliseer en kon ons verbasend baie geleenthede reël en met ons werksaamhede en vergaderings voortgaan.”

Kennis kan net weer geneem word van Gansbaai Toerismekantoor se nuwe kontakbesonderhede. Die rede vir hierdie drastiese verandering is as gevolg van die kantoor se inlywing by die munisipale sisteem.

Nuwe kontakbesonderhede:

• Glenda Kitley (bestuurder): 028 384 8325

• Doulene Els: 028 384 8307

• Toerismekantoor: 028 384 8336

 
Hardus Botha
Gansbaai Toerisme se Toekomspad

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Change Your Mindset, Change Your Life

Change Your Mindset, Change Your Life

Nothing changes outside unless it changes inside first.

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
New Arrivals at Komtessa Boutique!

New Arrivals at Komtessa Boutique!

Fresh styles have arrived at Komtessa Boutique!

Komtessa Boutique
A Wonderful Guest Review

A Wonderful Guest Review

We love hearing from our guests! 

Amazing Grace B&B
New Hair Salon Team Members

New Hair Salon Team Members

We’re so excited to welcome Andrea Bergstedt and Valerie Woods to the Visions Styl’n Chic team!

Visions Styl'n Chic
’n Soet verrassing by die Gansbaai Mark!

’n Soet verrassing by die Gansbaai Mark!

Ons Junior Koorgroepie het die kuiergaste by die Gansbaai Mark in die Pretoriussaal gaan verras met hul pragtige "pannekoek".

Laerskool Gansbaai
See All Articles