Blog

Gansbaai Wynproegilde

Gansbaai Wynproegilde

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Wynproegilde

‘Gister’ se beste wyn word vanaand geproe

“Vanaand gaan ons die normale prosedure bietjie omver gooi,” het voorsitter Johan Pfister gesê. “Eerstens gaan ons ‘gister’ se beste wyne vanaand voorsit en tweedens proe ons vanaand al die wyne voordat die hoofgereg bedien word.”

Die Great White House se restaurant was weer ‘volhuis’ met wynproegilde-lede en gaste op Dinsdag, 21 Junie 2022. Die aanbieder was Abrie Bruwer van Springfield Wynlandgoed in die Robertsonstreek. Johan het gesê toe hy Abrie se dogter, Jenna, gevra het vir Abrie se CV, het sy gesê: “Sjoe, hy’s nie groot op sulke goed nie!” Dat Abrie egter ‘groot’ in die wynbedryf is, kan nie betwis word nie. Springfield is ‘n familie-plaas en behoort al sedert 1898 aan die Bruwer-familie. Abrie is die 4de geslag wat saam met sy suster, Jeanette op die plaas boer. Twee groot liefdes naas wynmaak vir hom, is visvang en vlieg, terwyl hy ook goed bekend is met hierdie omgewing.

Die gaste is met ‘n geurige MCC vonkelwyn welkom geheet. Die uitstekende wyne van Springfield Wynlandgoed wat daarna te proe aangebied is, is Miss Lucy 2021 saam met die voorgereg, Albarino 2021, Whole Berry Cabernet Sauvignon 2019, The Work of Time 2016, Méthod Ancienne Cabernet Sauvignon 2015, Life From Stone Saugvignon Blanc 2021 (die vorige week gebottel!) en sommer so vir die genot is ‘n bottel Cabernet Franc op elke tafel geplaas.

Soos gewoonlik het Sjef Chris Pead se spyskaart nie teleurgestel nie - ook nie Bruce Shambammuto en sy span se puik bediening nie. In kort kon die gaste smaaklik eet aan Deep Fried Camembert (voorgereg), Pulle Lamb Phyllo Parcels (hoofgereg) en Passion Fruit Pudding Ginger Oat Crumble (nagereg) - alles met ‘n verskeidenheid van bykomstighede.

Vir drie egpare was die wynproe-byeenkoms baie spesiaal. Arthur en Lorraine Gee, Clive en Jane Bailey en Wally en Marietjie van Coller. Sedert hulle jare saam in Middelburg, Mpumalanga Provinsie, is hulle nou al vir sowat 40 jaar vriende - eintlik lewenslank - sou mens kon sê. Wat dit nog meer interessant maak, is dat hulle ‘n Wynproegilde saam in Middelburg tot stand gebring het. Toe die egpare mettertyd verhuis het, het die wynproegilde steeds voortgegaan. Nou woon al drie egpare in De Kelders, met die Gee’s en Van Collers wat bure is en die Baileys’ wat net ‘n klipgooi verder woon. Klein is die wêreld, baie klein!

Image 1
Marietjie van Coller, Abrie Bruwer met sy Wynproe-voorskoot en Johan Pfister.
Image 2
‘n Spesiale wynproe - egpare wat al sowat 40 jaar vriende is: Arthur en Lorraine Gee, Clive en Jane Bailey en Wally en Marietjie van Coller.
 
Hardus Botha
 
Gansbaai Wynproegilde

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Change Your Mindset, Change Your Life

Change Your Mindset, Change Your Life

Nothing changes outside unless it changes inside first.

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
New Arrivals at Komtessa Boutique!

New Arrivals at Komtessa Boutique!

Fresh styles have arrived at Komtessa Boutique!

Komtessa Boutique
A Wonderful Guest Review

A Wonderful Guest Review

We love hearing from our guests! 

Amazing Grace B&B
New Hair Salon Team Members

New Hair Salon Team Members

We’re so excited to welcome Andrea Bergstedt and Valerie Woods to the Visions Styl’n Chic team!

Visions Styl'n Chic
’n Soet verrassing by die Gansbaai Mark!

’n Soet verrassing by die Gansbaai Mark!

Ons Junior Koorgroepie het die kuiergaste by die Gansbaai Mark in die Pretoriussaal gaan verras met hul pragtige "pannekoek".

Laerskool Gansbaai
See All Articles