Tolbos Bistro Se Nuwe Eienaars

Tolbos Bistro Se Nuwe Eienaars

Gans-Berg Nuus / News

Tolbos Bistro se nuwe eienaars wil deel van gemeenskap word

-Theuns en Thea Pretorius-

“Ons is nie hier om die restaurantwêreld te probeer omkeer nie,” is Theuns Pretorius se eerlike opmerking. “Ons sal graag rustig en op ons eie manier die Bistro bedryf en deel van Gansbaai se gemeenskap en besigheidslui wil word.” Theuns en sy eggenote, Thea, is die nuwe eienaars van die baie bekende Tolbos Bistro. Anmarie Watney, wat die Bistro vir twee dekades suksesvol bedryf het, het dit aan die Pretorius-egpaar verkoop. 

“Ons beplan om teen die einde van Julie 2022 oop te maak, of vroeër, indien moontkik,” vertel Thea. “Ons wou net ‘n paar klein veranderinge aanbring, maar ons ‘Interior Decorator’ het anders besluit!” Die egpaar wou nie later groot ontwrigting veroorsaak nie en het besluit om eerder nou die veranderinge af te handel. Theuns sê die veranderinge is nodig aangesien hulle graag ‘n tipe van ‘Industria-organic-tema’ (electic) met relevante kleure wil skep. “Ons het slegs van plaaslike mense gebruik gemaak vir die verbouings en ook die toerusting by plaaslike besighede gehuur,” het Theuns gesê. “Ons is dus ook hier om plaaslike besighede te ondersteun.”

Wat die spyskaart betref, vertel Thea dat sy beplan om by die bestaande en bekende spyskaart te hou. “Ek gaan wel ander disse van my eie keuse byvoeg en die spyskaart sal dus wel ‘n nuwe baadjie aanneem,” het sy gesê. Bykomende dienste wat Thea beplan, sal beslis die aandag trek - wegneemetes, aflewerings, kleinerige sosiale funksies en jaareindfunksies, om net ‘n paar van haar nuwe idees bekend te stel. Die egpaar se jongste seun, Charl, gaan saam met Thea die bul by die horings pak.

Image 1
Theuns en Thea Pretorius voor Tolbos Bistro. Inlas: Charl Pretorius.
Image 2
“Dit is nie ons eerste baksel brood nie, dit is boustene!” - Theuns en Thea Pretorius.
 
Die Pretorius-egpaar

Theuns en Thea het in Alberton, Gauteng Provinsie ‘n gastehuis bedryf. Thea was in die onderwys waar sy onder andere op gasvryheidstudies by verskeie skole gefokus het, waar sy ook opleiding gegee het. Sy was ook betrokke by die hotelskool waar opleiding aan leerders verskaf is. Thea het ook kontrakte vir skole ingebring, inkomstes gehelp genereer en met entrepreneurskap-idees gehelp.

Theuns sê hy staan tans op drie bene. Hy is steeds ‘n voltydse onderwyser, ‘n beroep wat hom na aan die hart lê, maar is ook by die versekeringsbedryf betrokke. “Dan sal ek ook deeltyds met die Bistro help, soos en wanneer nodig,” sê hy. Die egpaar het ‘n getroude dogter, Clarize en twee ongetroude seuns, Channas en Charl, met laasgenoemde wat hom by sy ma in Gansbaai gaan skaar.

Tolbos Bistro is in Hoofstraat in die Protea Sentrum, oorkant die Poskantoor, geleë. Vir navrae kan Thea Pretorius by 081 308 7820 geskakel word, of stuur ‘n epos aan haar by condot20@gmail.com. Baie welkom aan hierdie positiewe egpaar, met goeie wense van Gans-Berg Nuus - julle bure!

 
Hardus Botha
Tolbos Bistro Se Nuwe Eienaars

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

Coastal lifestyle farming at its best.  

Fostering Change, One Animal at a Time

Fostering Change, One Animal at a Time

An incredible 133 animals have already received vital sterilisations and veterinary care.

Fostering Animals
Boland Female Rugby Trials

Boland Female Rugby Trials

The Under 16 and Under 18 Boland Female Rugby Trials were held at the Spaces4Sports field yesterday.

Grootbos Foundation
The Cost of Losing Yourself to Fit In

The Cost of Losing Yourself to Fit In

There is a quiet erosion that happens when you try to fit into the world of a narcissist.  

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

An early departure to get ahead of the wind picking up during the afternoon, with low swell for the morning. 

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles