LSG se Graham Stieger verruil Gansbaai vir Abu Dhabi

LSG se Graham Stieger verruil Gansbaai vir Abu Dhabi

Gans-Berg Nuus / News

Image

LSG se Graham Stieger verruil Gansbaai vir Abu Dhabi

Dit was ‘n moeilike besluit vir Graham Stieger van Laerskool Gansbaai en sy eggenote, Emeke van Masakhane Primary School gewees. Die besluit is egter geneem en die egpaar beoog om later saam met hulle kinders permanent in Abu Dahbi te gaan woon.

“Ek en Emeke gaan elke 4-maande hersien wat volgende gebeur, maar ons reël niks definitief op hierdie stadium nie,” vertel Graham. “Ek vlieg alleen en sal teen die einde van die jaar vir ‘n kort vakansie terugkeer, waarna die volgende besluit geneem sal word.” Graham sê hulle doen dit op hierdie wyse om nie hulle kinders op skool te ontwrig nie. Hulle dogter, Nel (15) is in Gr 10 en hulle seun, Stefan (14) is in Gr 8 in Hermanus Hoërskool.

Graham het in 2012 aanvanklik net vir ‘n jaar onderwys by Laerskool Gansbaai gegee. Kort voor COVID het hy in 2019 teruggekeer, maar maak nou op 31 Augustus 2022 finaal klaar. Laerskool Gansbaai se skoolhoof, Jonathan Doyle, het gesê: “Vir ons was dit onverwagse en hartseer nuus, maar ons wens hom alle voorspoed toe met sy nuwe avontuur - vir die Gansies is dit ‘n groot verlies en vir die Emirates ‘n groot wins.”

Graham vlieg op 2 of 3 September 2022 eers na Dubai. Daarvandaan vertrek hy na Abu Dhabi. Daar gaan hy Ekonomiese Bestuurswetenskappe aan Gr 5-7 leerders onderwys gee. Abu Dhabi is die hoofstad van die United Arab Emirate en is die tweede gewildste stad naas Dubai. “Ek beskou hierdie verandering in my lewe as ‘n groot uitdaging met nuwe horisonne,” het hy gesê.

“Ek wil graag my dank en waardering teenoor Laerskool Gansbaai oordra vir die geleentheid wat ek gehad het om in ‘n puik skool deel van die personeelkorps te kon wees,” het Graham gesê. “Vir my was dit ‘n groot voorreg!” Hy sê hy het ook groot waardering vir die stewige fondasie wat Laerskool Gansbaai vir Stefan en Nel gelê het. “Ons kon nie vir ‘n beter laerskool gevra het nie en ek sal altyd dankbaar daarvoor wees.” Graham sê Gansbaai se gemeenskap sal ook altyd ‘n spesiale plekkie in hul harte hê - die egpaar is al sowat 15 jaar deel van Gansbaai, met Emeke wat al vir 14 jaar by Maskahane Primary onderwys gee. “Ek gaan my Gansie-kiddies en my Gansie-familie ongelooflik baie mis! Met die woorde van Albert Einstein groet ek julle almal: ‘Verbeelding is baie belangriker as kennis, maar kennis gee vir ons mag!’

Sjoe, wat ‘n blitsige onderhoud met ‘n besige man wat alles voor sy vertrek na Abu Dhabi in orde moet kry - sommer so by een van Gansbaai OK Foods se kassierstoonbanke. (Dankie Chris van Rensburg, al het jy nie eers hiervan geweet nie!)

 
Hardus Botha
LSG se Graham Stieger verruil Gansbaai vir Abu Dhabi

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

Coastal lifestyle farming at its best.  

Fostering Change, One Animal at a Time

Fostering Change, One Animal at a Time

An incredible 133 animals have already received vital sterilisations and veterinary care.

Fostering Animals
Boland Female Rugby Trials

Boland Female Rugby Trials

The Under 16 and Under 18 Boland Female Rugby Trials were held at the Spaces4Sports field yesterday.

Grootbos Foundation
The Cost of Losing Yourself to Fit In

The Cost of Losing Yourself to Fit In

There is a quiet erosion that happens when you try to fit into the world of a narcissist.  

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

An early departure to get ahead of the wind picking up during the afternoon, with low swell for the morning. 

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles