Blog

Model-Skuite Van Ouds: Johan van Dyk

Model-Skuite Van Ouds: Johan van Dyk

Gans-Berg Nuus / News

Model-Skuite Van Ouds: Johan van Dyk

“Ek het van kindsbeen af ‘n groot liefde vir skuite en die see,” vertel Johan van Dyk. “Ons het naby die hawe gewoon en ek het my altyd verwonder aan die skuite wanneer dit gebou of herstel word en op hierdie wyse het ek waardevolle kennis opgedoen.” Johan sê hy was só klein toe hy saam met sy pa see toe begin gaan het, dat hy nie eers kan onthou hoe oud hy was nie.

“Hierdie twee skuite het ek self en uit my kop gebou, sonder enige getekende planne daarvan,” sê Johan. Hy sê sy seun, Jurie, het hom so ‘n keer of wat dopgehou terwyl hy daarmee besig was. Jurie het op ‘n later stadium vir sy pa gesê dit was sy grootste motivering om homself as ‘n argitek te bekwaam: om te sien hoe sy pa net sy gesonde verstand gebruik om so skeppend te kan wees. Nou het Jurie sy pa gevra om die twee skuite vir hom te gee. Hy wil dit in ‘n vertoonkas uitstal, aangesien dit hom by sy beroep uitgebring het.

 
Gogga, die 5-man riemskuit

Die groterige skuit, Gogga (DDF 69) is volgens die model van Mariana, Hennie Ritter (Senior) se skuit, gebou. “Die getal 69 agter die DDF is die jaar waarin ek en my eggenote, Dalene mekaar ontmoet het - 1969,” vertel Johan. “Die skuit se naam, Gogga, was Dalene se troetelnaam,” vertel Johan met ‘n skalkse glimlag. Twee jaar later is Johan met ‘Gogga’ op 2 Oktober 1971 in die huwelik bevestig - verlede jaar was dit ‘n hele 50 jaar gelede!

Johan vertel dat hierdie skuit ‘n 5-man riemskuit is. Hy het dit volledig met alle toerusting gebou, soos roeispane, roer (stuurstang), anker en lewensreddingsgordel. “Aan die begin van die sestigerjare was daar nog sowat 20 van hierdie skuite in Gansbaai Hawe wat visgevang het,” vertel Johan. Sommige van hierdie skuite het wel enjins gehad - óf ‘n Albion óf ‘n Kelven. Dié met enjins het twee brandstoftenks gehad - een vir petrol en een vir voca. Voca was ‘n groen vloeistof, byna soos diesel. Die petrol is gebruik om die enjin aan die gang te kry. Sodra dit geluier het, is die petroltenk toegedraai en die ander tenk met voca is oopgedraai, waarmee die skuit see toe gevaar het.

 
Die 2-man kano

Die kleiner skuit (DDF 117 A) was ‘n 2-man kano, maar is meeste van die tyd deur net een visserman gebruik. Johan sê die 117 in die nommer DDF 117 A, was sy pa se registrasienommer by die korporasie aan wie hy sy vis gelewer het. Johan sê dat hy ongelukkig nie veel van hierdie kano’s se geskiedenis weet nie. Wat hy wel weet, is dat so ‘n kano in ‘n stadium uitgespoel het en die destydse handige vissermanne van Gansbaai het begin om soortgelyke kano’s te bou.

Almal het van hierdie kano’s as hoogs-seevaardig (veilig) gepraat. Dit was te danke aan die bouvorm van die romp wat die branders ‘weggestoot’ het. “Die onderkant van die rompe is bruin geverf,” vertel Johan. “Die ou mense het geglo die vis ‘dink’ dan dit is rotse en word sodoende nie deur die kano afgeskrik nie.” Die kano’s is meerendeels gebruik om kabeljoue naby Haaiklip te vang.

 
Vissermansdienste

Hierdie is dieselfde Johan van Dyk wat vir die afgelope 20 jaar die jaarlikse Vissermansdienste gereël het: Desember die Vissermans Dankseggingsdiens en Januarie die Vissermans Verootmoedigingsdiens. In totaal het Johan 39 dienste gereël - net een diens is een jaar as gevolg van Covid afgelas.

“Nou het ek besluit om klaar te maak daarmee,” sê Johan. “Ek het hierdie jaarlikse taak aan ds Hanri Joubert, Deon Naudé en Floors Avenant oorgegee.” Johan sal hulle nog met Desember 2022 se diens bystaan, maar vanaf Januarie 2023 sal hulle met my handleiding wat ek geskryf het, oor die weg moet kom.” Gans-Berg Nuus dra graag sy dank namens die gemeenskap aan Johan van Dyk oor vir 20 jaar se onbaatsugtige diens en harde werk verbonde aan genoemde twee jaarlikse dienste.

So kan ‘n pa onwetend ‘n ‘beroepskeuse’ by sy seun kweek - bloot met die gebruik van sy gesonde verstand en die bou van modelbootjies.

 
Hardus Botha
Model-Skuite Van Ouds: Johan van Dyk

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

Coastal lifestyle farming at its best.  

Fostering Change, One Animal at a Time

Fostering Change, One Animal at a Time

An incredible 133 animals have already received vital sterilisations and veterinary care.

Fostering Animals
Boland Female Rugby Trials

Boland Female Rugby Trials

The Under 16 and Under 18 Boland Female Rugby Trials were held at the Spaces4Sports field yesterday.

Grootbos Foundation
The Cost of Losing Yourself to Fit In

The Cost of Losing Yourself to Fit In

There is a quiet erosion that happens when you try to fit into the world of a narcissist.  

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

An early departure to get ahead of the wind picking up during the afternoon, with low swell for the morning. 

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles