Blog

Spesiale Interskole-Wedstryde

Spesiale Interskole-Wedstryde

Gans-Berg Nuus / News

Spesiale Interskole-Wedstryde

Die jaarlikse Groot Interskole 2022 tussen die Gansies (Laerskool Gansbaai) en die Akkedisse (Laerskool De Villiers Graaff, Villiersdorp) het op Saterdag, 20 Augustus 2022 te Villiersdorp plaasgevind.

Ongelukkig was daar 5 x B- en C-spanne wat net as ondersteuners kon saamgaan - daar was nie ooreenstemmende B- en C-spanne teen wie hulle kon speel nie. Hierdie spanne was effens ‘bek-af’. Om hulle steeds op ‘n waardige manier deel van die Interskole 2022 te laat voel, is spesiale Interskole-wedstryde vir hulle gereël - teen Gansbaai Primêr en Laerskool Okkie Smuts op Laerskool Gansbaai se sportgronde. Hierdie pragtige wedstryde is kort na die ‘Big Brag’ van Vrydag, 19 Augustus 2022 gespeel en is goed deur ouers en leerders ondersteun. Dit is groot opwinding om die o/8 rugbyspelertjies dop te hou: “Hulle het nie bepaalde posisies nie, nee, hulle is net oral op die veld!”

 
Uitslae:

Rugby

o/8 A-span wen 6-0; o/8 B-span wen 6-4.

Netbal

o/11 B-span verloor 1-6; o/12 C-span verloor 1-4; o/13 C-span verloor 2-8.

 
Hardus Botha
 
Spesiale Interskole-Wedstryde

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Change Your Mindset, Change Your Life

Change Your Mindset, Change Your Life

Nothing changes outside unless it changes inside first.

New Arrivals at Komtessa Boutique!

New Arrivals at Komtessa Boutique!

Fresh styles have arrived at Komtessa Boutique!

Komtessa Boutique
Gate Motor Repair in De Kelders

Gate Motor Repair in De Kelders

Thunder Services & Solar recently completed a gate motor repair in De Kelders.

Quality Beef Forequarter Cuts

Quality Beef Forequarter Cuts

Looking for quality beef cuts for your next meal?

Prime Cuts Meat
8-Week-Old Puppies Looking for Loving Homes

8-Week-Old Puppies Looking for Loving Homes

These adorable little puppies are 8 weeks old and ready to find their forever families.

BARC Animal Welfare
Give Your Metalwork a Fresh Coat of Paint

Give Your Metalwork a Fresh Coat of Paint

Everyone remembers to repaint the walls, but gutters, gates, garage doors, burglar bars and palisade fencing...

See All Articles