Overberg Eisteddfod Solosang: LSG Spog met Cum Laude, Goud en Silwer

Overberg Eisteddfod Solosang: LSG Spog met Cum Laude, Goud en Silwer

Gans-Berg Nuus / News

Overberg Eisteddfod Solosang: LSG Spog met Cum Laude, Goud en Silwer

Laerskool Gansbaai is weer eens baie opgewonde (en trots!) oor die pragtige prestasies van hulle Eisteddfod Solosangers. Op Vrydag, 19 Augustus het hulle nie minder nie as 7 Cum Laude, 12 Goud en 1 Silwer by die Overberg Eisteddfod ingepalm - voorwaar ‘n pragtige prestasie!

“Die beoordelaar, Zander Kritzinger, was werklik beïndruk met die potensiaal en talent van ons deelnemers,” vertel Asanti Smit (klavier-begeleier) wat die leerders vergesel het. “Hy het hulle ook vertel van die Cape Choral Academy Launch op 3 September 2022 in Stellenbosch waarby ‘n uitgesoekte groep van 40 sangers betrokke sal kan raak met wonderlike sanggeleenthede vir die toekoms.”

Dit was trotse oomblikke toe Asanti die geweldige trots en selfvertroue sien waarmee elke LSG-deelnemer hy/sy plek op die verhoog langs die pragtige vleuelklavier in die Hermanus Ouditorium ingeneem het. “Daar het ons leerders hulle unieke en besonderse stemme met die gehoor gedeel,” vertel Asanti. “Daar is sóveel talent by ons skool dat ons nooit mag ophou om dit te ontgin en hulle in hul ontwikkeling te ondersteun nie.”

Hartlik geluk aan elkeen van julle en, soos die beoordelaar gesê het: “Moet nooit ophou sing nie!”

 
Uitslae:

Cum Laude:

Hanro Coetzer, Julia Coetzee, Junior Liebenberg, Liahné Otto, Mieke Groenewald, Sasha-Lee Oliphant en Zia March

Goud:

Amber Ward, Chloe Valentine, Gia Swart, Hannah van Zyl, Isabella Nigrini, Isabelle de Villiers, Krige Kotze, Lia du Toit, Monecia Sauls, Sonika Brand, Surita Viljoen en Sylvie Pretorius

Silwer:

Keauna Prins

Image 1
Grade R en 2
Image 2
Grade 5 en 6
Image 3
Grade 3 en 4
Image 1
Graad 7
Image 2
Julia Coetzee
Image 3
Zia March
Image 1
Hanro Coetzer
Image 2
Junior Liebenberg
Image 3
Liahné Otto
 
Hardus Botha
 
Overberg Eisteddfod Solosang: LSG Spog met Cum Laude, Goud en Silwer

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

Coastal lifestyle farming at its best.  

Fostering Change, One Animal at a Time

Fostering Change, One Animal at a Time

An incredible 133 animals have already received vital sterilisations and veterinary care.

Fostering Animals
Boland Female Rugby Trials

Boland Female Rugby Trials

The Under 16 and Under 18 Boland Female Rugby Trials were held at the Spaces4Sports field yesterday.

Grootbos Foundation
The Cost of Losing Yourself to Fit In

The Cost of Losing Yourself to Fit In

There is a quiet erosion that happens when you try to fit into the world of a narcissist.  

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

An early departure to get ahead of the wind picking up during the afternoon, with low swell for the morning. 

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles