'Ons is Girls Power’ - Gans-Berg Nuus

'Ons is Girls Power’ - Gans-Berg Nuus

Gans-Berg Nuus / News

'Ons is Girls Power’ - Gans-Berg Nuus

“Ons is ‘Girls Power’,” het Saskia van Zyl, met ‘n pure ‘Me Spiere-houding’ gesê! Dis nou met die geverwery van die binne-mure van Gans-Berg Nuus se kantoor op Saterdag, 10 September 2022. Die span dames het behoorlik baljaar met die verf, kwaste en rollers (maar ook hard gewerk!).

Michelle van Zyl (eienaar), Saskia van Zyl, Alethea Baytopp en Heleen Greyling het hulle goed van hulle taak gekwyt en mag maar enige tyd verfwerk aanpak, dit is nou nie altemit nie. Die joernalis kon ongelukkig nie help nie - iemand moet tog die foto’s neem en berigte skryf, nie waar nie?!

Die verwery het saamgeval met Gans-Berg Nuus se eie drukkers wat op dieselfde dag geïnstalleer en getoets is en waarmee hierdie uitgawe gedruk is. Ter viering van die drukkers het Anita Botha toe vinnig ‘n smaaklike sjokoladekoek gebak wat Maandag, 12 September 2022 afgelewer is en baie vinnig tot in die helfte verorber is.

Gans-Berg Nuus, oorkant die Poskantoor in die Protea Sentrum, se personeel voel werklik trots op hierdie prestasie van hul eie drukkers - natuurlik ook oor die nuut-geverfde binne-mure! Meegaande is enkele ‘before’-foto’s. Die ‘after’-foto’s sal in volgende week se uitgawe geplaas word, met onse dames wat dan ook heelwat skoner sal lyk!

 
Hardus Botha
 
'Ons is Girls Power’ - Gans-Berg Nuus

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

How Fear-Based Thinking Is Holding Your Business Back

How Fear-Based Thinking Is Holding Your Business Back

What if the real crisis is not your economy…

Inspiring Young Leaders Through Sport

Inspiring Young Leaders Through Sport

The Premier Skills International Enterprise Programme kicked off last week within our sports programme with a field trip to the admin office...

Grootbos Foundation
Protect Your Property from Coastal Moisture

Protect Your Property from Coastal Moisture

Living in a coastal town like Gansbaai offers incredible views and fresh sea air, but it also exposes homes and buildings to high levels of moisture...

Gansbaai Build it Plus
SUPERBLOOM SEASON SPECIAL

SUPERBLOOM SEASON SPECIAL

Witness a spectacular once-in-two-decades fynbos revival.

Grootbos Foundation Welcomes New Team Members

Grootbos Foundation Welcomes New Team Members

Meet the newest members of our team.

Grootbos Foundation
See All Articles