Blog

‘Sunset Walk’ Uitstekend Ondersteun

‘Sunset Walk’ Uitstekend Ondersteun

Gans-Berg Nuus / News

‘Sunset Walk’ Uitstekend Ondersteun

-Gansbaai Toerisme-

Vanjaar se ‘Sunset Walk’ is uitstekend deur sowat 60 dapper-stappers ondersteun. Die inkomste van hierdie jaarlikse inisiatief deur Gansbaai Toerisme is ten bate van liefdadigheid. Vanjaar se winste word aan Overstrand Hospice oorhandig.

Die groot groep het nie ‘n baie lang stap aangedurf nie. Hulle het by CapeNature se Natuurreservaat, rigting De Kelders, seelangs begin stap tot bokant die Drupgrotte. Behalwe vir die see, kuslyn, fynbos en rotsformasies, was ons ‘vriendelike reuse’, die Suidelike Noorkapper walvisse (Southern Right whales) die stappers se ‘metgeselle’ vir sover as wat hulle gestap het. By die eindpunt het welkome worsbroodjies en koue koeldrank op die stappers gewag. Dit is flink deur Glenda Kitley (Bestuurder: Gansbaai Toerisme) en twee van haar personeellede, Asavela Dlova en Ayanda Kotani bedien, asook Rassie en Madelene Prinsloo, oorspronklik van Rustenburg, Noord-Wes Provinsie. Tussen die etery deur kon almal ‘n asemrowende sonsondergang geniet - met die walvisse wat nie skaam was om hulself te vertoon nie. 

Vanjaar se stappende-gasspreker was Mike Dormer, wat die stap saam met sy eggenote, Elaine meegemaak het. Mike beskik oor jarelange en deeglike geologie-kennis. “Dit was moeilik om met sowat 60 mense in die oopte sinvol oor rotsformasies en dies sinvol te gesels, maar ek het my bes probeer,” vertel Mike. “Min mense besef dat slegs die kort entjie wat ons gestap het, ‘n legio van geologiese verskynsels bevat waaroor boeke geskryf kan word.”

Gans-Berg Nuus het Mike se kontakbesonderhede bekom en hy het tot ‘n media-onderhoud ingestem - en wat ‘n fenominale en interessante onderhoud was dit nie! Gans-Berg Nuus gaan, met Mike Dormer se hulp, met ‘n eksklusiewe reeks in ons weeklikse uitgawes oor geografiese wonders begin - met die hooffokus op ons eie omgewing.

 
Hardus Botha
‘Sunset Walk’ Uitstekend Ondersteun

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

Coastal lifestyle farming at its best.  

Fostering Change, One Animal at a Time

Fostering Change, One Animal at a Time

An incredible 133 animals have already received vital sterilisations and veterinary care.

Fostering Animals
Boland Female Rugby Trials

Boland Female Rugby Trials

The Under 16 and Under 18 Boland Female Rugby Trials were held at the Spaces4Sports field yesterday.

Grootbos Foundation
The Cost of Losing Yourself to Fit In

The Cost of Losing Yourself to Fit In

There is a quiet erosion that happens when you try to fit into the world of a narcissist.  

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

An early departure to get ahead of the wind picking up during the afternoon, with low swell for the morning. 

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles