Blog

Overberg Kushengelklub: Suksesvolle Hengel-Week

Overberg Kushengelklub: Suksesvolle Hengel-Week

Gans-Berg Nuus / News

Overberg Kushengelklub: Suksesvolle Hengel-Week

“Overberg Kushengelklub het verlede jaar met 'n volle week van hengel begin en dit was 'n groot sukses,” vertel Elba Tredoux van die klub. “Vanjaar is daarop voortgebou, met 'n totaal van ongeveer 30 hengelaars wat elke dag vanaf Maandag tot Saterdag, 3 tot 8 Oktober 2022, lyne natgemaak het.”

Elba sê die weer het ongelukkig nie so goed saamgespeel nie. Sterk en hoë deinings met bitterlik baie wind het die hengeldinge erg deurmekaar gekrap. Die manne en vroue het hul bes gedoen en elke dag is daar darem 'n paar visse uitgetrek. “Dit was baie harde werk en slegs as jy lief is vir hengel, het jy die weer trotseer,” sê sy. Die formaat van die kompetisie was om elke aand in te weeg, met 'n wenner van die dag, asook die normale maandkompetisie van Saterdag. Baie pryse is elke dag toegeken. 

“Nege karavane het sommer by die klubhuis gekamp en elke aand is heerlike kos vir almal voorberei,” vertel Elba. “Ons was baie bevoorreg dat ons musiekfabriek 'n paar aande heerlike musiek verskaf het wat die voete behoorlik laat jeuk het.” Elba sê hulle was bevoorreg met die hengellegende, Oom Stompie Heins en Tannie Linda wat Saterdagaand saam met hulle gekuier het. Oom Stompie, ook 'n Springbok Hengelaar, het die pryse oorhandig. 

 
Die suksesvolle hengelaars word altyd beloon en die wenners aan die einde van die week was:

Mias Albrecht (1ste); Piet Groenewald (2de); Sihan Toua (3de). Dit was harde werk, baie geluk! Piet Groenewald was die wenner van die Grootste Galjoen - baie geluk Piet! “Die manne se arms was veels te min om al die pryse en geskenke in ontvangs te neem!” Die gelukkige wenner van die lootjietrekking vir 'n prag-visstok van Jacita's Fish & Tackle Shop in Brackenfell, was Okkie van der Merwe. “Mens mag nie jaloers wees nie, maar aitog, dis darem 'n meneer van ‘n visstok!”

Sonder borge is so 'n geleentheid nie moontlik nie, baie dankie aan die volgende persone/instansies: Jacita's Fish & Tackle Shop; Battery Centre, Kuilsrivier; Hippo Ready Mix; Goch & Cooper; Gbay Biltong & Deli; Aan de Doorns Kelders; Brandvlei Kelders; Pietersbult Wynverspreiders; Mouton Boerdery; Citrusdal; Ockie van der Merwe; Van Blommenstein Slagtery, Hermanus; Jonnie Hanekom; Twakkie du Toit; Piet Groenewald; Eldo en Lanita Marais, asook 'n paar anonieme skenkers.

“Ons sal graag, as dit ons beskore is, hierdie 'n jaarlike instelling wil maak,” vertel Elba. “Dit is ‘n aangename geleentheid om ‘n gedeelde stokperdjie en goeie vriendskappe te waardeer.” Alles in aggenome, was dit 'n baie lekker en vrolike week met min vis of te nie,” het Elba afgesluit. “'n Paar manne en vroue het hard gewerk om die week vlot te laat verloop - ‘n groot dankie ook aan elkeen van hulle!”

 
Hardus Botha
 
Overberg Kushengelklub: Suksesvolle Hengel-Week

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

Coastal lifestyle farming at its best.  

Fostering Change, One Animal at a Time

Fostering Change, One Animal at a Time

An incredible 133 animals have already received vital sterilisations and veterinary care.

Fostering Animals
Boland Female Rugby Trials

Boland Female Rugby Trials

The Under 16 and Under 18 Boland Female Rugby Trials were held at the Spaces4Sports field yesterday.

Grootbos Foundation
The Cost of Losing Yourself to Fit In

The Cost of Losing Yourself to Fit In

There is a quiet erosion that happens when you try to fit into the world of a narcissist.  

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

An early departure to get ahead of the wind picking up during the afternoon, with low swell for the morning. 

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles