Blog

The Masked Spa in Desember 2023 Geopen

The Masked Spa in Desember 2023 Geopen

Gans-Berg Nuus / News

The Masked Spa in Desember 2023 Geopen

-Met Spa se ambassadeur, Lizz Meiring as eregas-

The Masked Spa in Hoofstraat 30, Gansbaai is gedurende Desember 2023 met ‘n verskeidenheid van aktiwiteite deur Chris en Wimpie Daubert (eienaars) geopen, met Hester Hoon as Bestuurder. Die Spa se ambassadeur, Lizz Meiring (Mollie), ‘n jarelange vriendin van Chris en Wimpie, was die eregas tydens die opening. Die span glo dat hulle professionele dienste ‘n aanwins vir Gansbaai sal wees.

Chris en Wimpie het The Masked Spa aanvanklik in 2016 in Gauteng oopgemaak. Dit was eers net ‘n mobiele Spa (die terapeut, bed en ambians het tuis- of werksbesoeke gedoen). As gevolg van ‘n groot aanvraag het hulle ‘n fisiese Spa in 2018 ook geopen. Dit was by verskeie feeste, soos Aardklop, baie gewild.

“Ons het die afgelope 2 jaar tydens verskeie geleenthede na Gansbaai gekom en verlief geraak op die klein dorpie, sonder slaggate, verkeersligte en die vriendelike mense,” vertel Chris. “Omdat ons ander besighede aanlyn is, was dit n maklike besluit om te verhuis.” In Maart 2023 het hulle ‘sak en pak’ hier aangekom, waar hulle nou permanent in De Kelders woon. “Toe ons die geleentheid kry om die Spa hier in Gansbaai te open, het ons dit met altwee hande aangegryp. “Baie dankie vir die goeie ondersteuning wat ons te beurt geval het,” sê Wimpie.

The Masked Spa se dienste sluit onder andere die volgende in: facials, messages, footsies, naels en fishy footsies (vissies wat die dooie vel van voete af eet en wat tans net in die Kaap beskikbaar is). Besprekings kan by 010 630 0116 gemaak word, of stuur ‘n epos aan spa@themasked.co.za.

Image 1
Wimpie en Chris Daubert
Image 2
Hester Hoon
 
Hardus Botha
 
The Masked Spa in Desember 2023 Geopen

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stanford River Festival: Grootbos Foundation Update

Stanford River Festival: Grootbos Foundation Update

On 18 May 2024, our young paddlers, alongside the Stanford Canoe Club, hosted the Stanford River Festival. 

Grootbos Foundation
Daily Blog: 29 May 2024 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 May 2024 | Shark Cage Diving in South Africa

We set off from Kleinbaai Harbour this morning on a calm sea.

Onrus Hand Embroidery Group: Every Thursday!

Onrus Hand Embroidery Group: Every Thursday!

If you love hand embroidery, join the Onrus Hand Embroidery Group!

Creative Notions
Onrus Hand Embroidery Group: Every Thursday!

Onrus Hand Embroidery Group: Every Thursday!

If you love hand embroidery, join the Onrus Hand Embroidery Group!

Bernina Overberg
Next Dyer Island Marine Big 5 Tour: 29 May 2024

Next Dyer Island Marine Big 5 Tour: 29 May 2024

Join us for an incredible whale and Marine Big 5 eco tour on Wednesday, 29 May 2024.

Next Marine Big 5 Trip: 28 May 2024

Next Marine Big 5 Trip: 28 May 2024

Join us for a Marine Big 5 Adventure around the world-renowned Dyer Island!

See All Articles