Dis ‘n welbekende feit dat meeste vissoorte hulle eie manier het om te byt. Indien na ‘n voorbeeld gesoek word om dit te illustreer hoef daar nie verder gesoek te word as die witsteenbras nie. Enige hengelaar wat sy sout werd is weet dat om hierdie vis te vang, jy hom kans moet gee om die aas ordentlik te “sluk” voordat daar vasgeslaan word. So eenvoudig? Nee tog nie. Vir eers is daar die manier waarop jou lyn voorberei word. Terwyl die kans altyd daar is dat die steenbras aan enige lyn kan byt is my geld op die ou wat ‘n glysinker gebruik. Die idee is juis dat die hoek nie gevoel word sommer met die eerste bytslag nie en hy sal loop met die lyn om dan later die aas behoorlik te sluk -- en dis dan wanneer jy vasslaan.
Dink aan ‘n galjoen en die prentjie verander ietwat. Die hengelaar sal die lyn steeds nie styf laat hang nie en so bietjie speling toelaat. Almal wat al vir ‘n galjoen se byt gewag het sal weet dat jy ook in dié vis se geval moet wag vir die regte oomblik voor die vasslaanslag.
Alles hang darem nie net af van die regte tydsberekening nie, want hoe jou gereedskap voorberei is tel bitter baie. Die lengte en tipe stok wat jy gebruik, die lyn, die strop en selfs die sinker maak ‘n geweldige verskil. Somtyds tel selfs die kleur van jou lyn, veral wanneer vanaf ‘n boot gehengel word. Buiten dat die kombinasie ‘n verskil kan maak wanneer jy jou aas op ‘n “tiekie” wil plaas beinvloed dit ook hoe daar gehengel word. Praat van snoek en daar word amper vuis geslaan wanneer verskillende aspekte bespreek word. Enigeen is in staat om ‘n snoek te vang wanneer die vis regtig aan die byt gaan, dis dan wanneer jy met ‘n kaal hoek nie sukkel om jou vis te vang nie. Maar wanneer die snoek skelm byt is dit ‘n ander storie. Dis dan wanneer die man langs jou die een na die ander intrek terwyl jy nie kan verstaan waarom jy dan nie eers ‘n byt kry nie. Wanneer jy jou dollie beskou lyk dit asof die lood met ‘n “chipping hammer” bygekom is. Dis natuurlik soos die snoek die lood aanval sonder om vas te byt. Eers wanneer jy die kuns bemeester het om jou lood op ‘n sekere manier in te trek smaak jy die bevrediging van daardie wrede loop van die vis. Soos die gereelde snoekvanger weet vat die vis somtyds net aas terwyl ander tye ander tegnieke gebruik moet word. So, snoek vang is ‘n storie op sy eie.
Silwervis. In die diep water is die vis se byt nie so opmerklik nie en baie maal hang hy reeds wanneer jy die lyn so voel-voel om te kyk of daar lewe is. In teenstelling hiermee is die byt van vis baie meer voelbaar in vlakker water en gevolglik moet jy meer in jou pasoppens wees. Wat my aanbetref is die vang van vis (ons praat nou van “ons soort”) in die vlakker water ‘n groter kuns as in die diep water. Ek weet dat hieroor baie verskil sal word en dis reg so! So, gaan jy hengel en jy ken nie van nie, hoop maar die vis gaan wild aan die byt en jy hoef jou nie te beroep op die kuns van wanneer en hoe nie!
Lekker vang,
Seemeeu
Wanneer om vas te slaan
14 February 2013Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Daily Blog: 24 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa
A late morning departure from Kleinbaai Harbour, with high spirits and good conditions.
Overstrand Tourism Diary: 18 - 22 March 2026
Here’s the latest Overstrand Tourism Diary, filled with music, markets, walks, workshops, and live entertainment.
Daily Blog: 17 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa
We had a fabulous day out on the water today with a variety of different marine species.
Overstrand Tourism Diary: 11 - 15 March 2026
Here’s the latest Overstrand Tourism Diary, filled with music, markets, walks, workshops, and live entertainment!
Experience Our Wildlife in Virtual Reality - All Year Round!
African Penguin & Seabird Sanctuary has been bringing our wildlife experiences to life through Virtual Reality!
Daily Blog: 11 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa
A warm day on the water today! We launched for Kleinbaai Harbour and after a short drive in the bay, we had an AMAZING sighting!









