Vasgetroud | Anton Goosen & Estie troue

Vasgetroud | Anton Goosen & Estie troue

Jeanré Du Plessis Photography

Anton Goosen & Estie Geldenhuys trou.

Trou is n lekker ding! Liedjieboer se kruidjie geroer.

Die Suid Afrikaanse musiek legende, Anton Goosen, se kruidjie is geroer!

Anton Goosen en Estie Geldenhuys het op Saterdag 17 Junie 2017 hul liefde tot mekaar bevestig op n gasteplaas (stanford Valley guestfarm) net buite Stanford in die Overberg. Onder 2 eike bome, met die winter sonnetjie wat net-net nog oor die berge loer,het hul familie en hegte vriende in n sirkel om hulle gesit om in die vreugde te deel.

Alles omtrent die dag was prentjie mooi!

Vanaf vroegdag was ek en my assistent fotograaf (en broer), Francois de Bod, daar om elke oomblik vas te vang. Oral waar ons onsself bevind het, het n glimlaggende gesiggie kop uitgesteek. Dit het nie veel gevat om raak te sien hoe almal borrel van opgewondeheid vir die couple! Estie en Anton is soos vinkel en koljander, sout en peper.Die liefde wat hul na nege jaar saam nogsteeds teenoor mekaar toon is so mooi...soentjies en drukkies en gesiggies trek en al tergend was hul op hul troudag, nes n couple wat gister verlief geraak het.

As ek moet wegtrek en begin skryf oor al die mooi en giggel oomblikke van die dag sal ek sweerlik nooit ophou nie.

Dozi sing vir Estie

Hier onder is n (onvolledige en baie slegte kwaliteit) opname van n liedjie wat Dozi aan Estie opgedra het sommer so daar op n stoel in haar kamer waar die beautician haar nog mooier maak. Hy sit voete sonder skoene, maar goud in sy hart terwyl hy tokkel op die kitaar.

"Hoor gou, Esta.Ek se dis n presentjie van Anton af aan jou hoor. Okay, so die gevoel wat jy nou gaan voel gaan julle saam voel as julle die video vir mekaar terugspeel."- Dozi

En Dozi sing-"Somtyds kos dit net n wonderwerk.Somtyds kos dit net n bietjie tyd om mekaar te verstaan, veral op hierdie aand.Ek en jy is soos n klein gedagte in mekaar se oe met groot verwagting. Ek wil die sterre daarmee maak. Soen my. Soen my.Op my mond. diep in my siel gegrond. vat my. vat my soos ek is......."

Ek hoop ek kan met die deel van hul fotos die storie verder vertel...Ek is tog n fotograaf en nie n skrywer.

Kopiereg - Jeanré du Plessis

Vasgetroud | Anton Goosen & Estie troue

Jeanré du Plessis

Welcome to Jeanré du Plessis Photography! Specializing in wedding, family, couple, and personal branding photography since 2010, Jeanré is passionate about capturing the true essence of people and their connections. With a unique and moody artistic style, Jeanré's photographs are characterized...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Join the Diversity Trail in February!

Join the Diversity Trail in February!

Discover the wonders of Walker Bay's nature, culture, and heritage.

Diversity Trail
Join Us for the Birkenhead Commemoration

Join Us for the Birkenhead Commemoration

Step aboard for a special boat trip at sunrise, honouring the historic Birkenhead Commemoration!

Gansbaai se 1ste SAPD Stasiebevelvoerder - André Moolman Vier 80ste

Gansbaai se 1ste SAPD Stasiebevelvoerder - André Moolman Vier 80ste

Andries Johannes Moolman, beter bekend as André wat met sy dikwiel-fiets Gansbaai se hawe-gebied al platgery het...

Gans-Berg Nuus / News
Memory Project: The Crystal Set

Memory Project: The Crystal Set

A crystal radio receiver, also called a crystal set, is a simple radio receiver popular in the early days of radio.

Memory Project: Beira

Memory Project: Beira

In landlocked Rhodesia the nearest destination for a seaside holiday was Beira, the second biggest town in Mozambique. My father persuaded my mother that it would be good for all of us to take a two-week break, and that the most affordable and fun wa...

DOW Veterans Request

DOW Veterans Request

Dogs Of War are requesting assistance from the public for donations of any wheelchairs, crutches, and or walkers that you may have laying around.

Dogs Of War Overberg
See All Articles