Bev Swart Vang 6.55kg Geelbek in Birkenhead Kompetisie

Bev Swart Vang 6.55kg Geelbek in Birkenhead Kompetisie

Gans-Berg Nuus / News

Bev Swart Vang 6.55kg Geelbek in Birkenhead Kompetisie

Bev Swart het met Saterdag, 18 Mei 2024 se boothengelkompetisie dalk gevoel soos toe hy ‘n kolhou (‘hole-in-one) op die gholfbaan geslaan het - dis nou met sy 6.55kg geelbek wat hy gevang het! Kort op sy hakke met die 2de swaarste vis, was Carl Dyer met sy 3.30kg. Heelwat mooi visse, hoofsaaklik silwervis, hangbergers (hotties) en rooi romans is gevang. Daantjie Sielie, voorsitter Hein Kroese se skoonpa (en vanselfsprekend Melanie se pa!) het vir sy eerste keer by die klub pragtige silwervisse gevang.

Kompetisie-uitslae

9 bote het ingeskryf, waarvan 9 ingeweeg het. Die totale bemanningslede was 22, waarvan 2 dames was. Die aantal visse (6 spesies) wat ingeweeg is, was 95, met 'n totale massa van 92.10kg. Die gemiddelde massa per hengelaar was 4.19kg.

Volledige uitslae

Die volledige uitslae is soos volg: 

Swaarste vis, Bev Swart (geelbek, 6.55kg); 2de Swaarste vis, Carl Dyer (snoek, 3.30kg); Swaarste sak, Carl Dyer (9.35kg); 2de Swaarste sak, Bev Swart (9.25kg); Swaarste bootgemiddeld, Mynedie van Bev Swart (7.85kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Waca van Carl Dyer (7.33kg); Dames Swaarste sak, Colleen Kemm (6.35kg); Dames 2de Swaarste sak, Joey Rademeyer (2.90kg). 

Voorlopers

1ste 3 Bootkampioene: 

Waca van Carl Dyer (47.10kg); Oupa van Ben Uys (35.18kg); GI Joe van Joe Smit (29.47kg).

1ste 3 Visvangkampioene Mans:

Carl Dyer (59.85kg); Derick Petersen (44.00kg); Marinus Kleyn (42.35kg).

1ste 3 Visvangkampioene Dames:

Colleen Kemm (27.79kg); Joey Rademeyer (20.75kg); Marilda Louw (10.85kg).

Die puntetelling bly steeds ‘n wipplank-ryery op pad na die einde van die jaar om die hengelkampioene te bepaal.

Piet Le Roux en Bev Swart met sy 6.55kg geelbek.

Derick Petersen, Carl Dyer en Marthinus Kleyn.

Kobus van Zyl, Colleen & Norman Kemm en Kenny Owen.

Image 1
Joe Smit.
Image 2
Daantjie Sielie.

Hardus Botha

Bev Swart Vang 6.55kg Geelbek in Birkenhead Kompetisie

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Capturing Gansbaai’s Iconic Sunsets

Capturing Gansbaai’s Iconic Sunsets

Contact Hugh-Daniel Grobler Photography to order your own print of this breathtaking Gansbaai sunset.

Daily Blog: 22 October 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 22 October 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A fantastic day well spent on the water! 

Overstrand Tourism Diary: 21 - 25 Oct 2026

Overstrand Tourism Diary: 21 - 25 Oct 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Sunshine Nation Traffic Light Party

Sunshine Nation Traffic Light Party

Get ready for a night of music, dancing and fun, all for a good cause!

Sunshine Nation
27 November 2026: Sunshine Nation Modelling Show

27 November 2026: Sunshine Nation Modelling Show

Sunshine Nation invites you to join us for our annual Modelling Show!

Sunshine Nation
Not AI-Generated: Authentic Content Created by Real People

Not AI-Generated: Authentic Content Created by Real People

Please note, this is not an AI-generated site. 

See All Articles