Blog

Fynbos-Skaapkop Fees 2023: Baardskeerdersbos

Fynbos-Skaapkop Fees 2023: Baardskeerdersbos

Gans-Berg Nuus / News

Fynbos-Skaapkop Fees 2023: Baardskeerdersbos

Baardskeerdersbos se Fynbos-Skaapkop Fees van Saterdag en Sondag (2-3 September 2023) is ‘n eerste van sy soort - met pret en plesier ‘vir Afrika’, vir oud en jonk! Die organiseerders het hulself elke jaar oortref met die aanbied van hulle Basaar en Skaapkopete (afsonderlik). Vanjaar was dit nie net ‘n kombinasie nie, maar ‘n absolute wenner - met 135 skaapkoppe, wat eintlik te min was!

Daar was stalletjies om van te kies en te keur en die voedselstalletjies het vir vingerlek-lekker eetgoed gesorg - om nie van die pannekoek-toue te praat nie. Die feesterrein en binnekant van die groot tent was ‘n miernes soos wat feesgangers alles bekyk en geniet het. Die gewilde Strandveld Boere-orkes was op hulle stukke. Pro Musica se kinder-boere-orkes het hulself met puik optredes onder leiding van Asanti Smit oortref. Ruben Lennox se sangstem het verdere luisterrykheid aan die fees-atmosfeer verskaf.

Die Fynbosuitstalling was fenominaal, met Adriaan Hanekom en Aletta Groenewald aan die stuur van sake. ‘n Berg in die kleine is aangebied, met ‘n koel watergat en massas fynbos. Die Fynbos-spesie uitstalling was ook besonder interessant - besoekers kon nie genoeg van die uitstalling kry nie en foto’s is geneem asof dit uit die mode is.

Sondag is ‘n spesiale Erediens gehou, met ds Hanri Joubert wat die boodskap gebring het. Baardskeerdersbos se Kerkorkes het opgetree, Laerskool Gansbaai se skoolkoor het gesing en Ruben Lennox het weer opgetree. Na afloop van die verrigting Sondag, is daar gesellig met koek en tee verder gekuier. Die organiseerders, wat baie hard gewerk het, is dit eens dat die Feesnaweek ‘n enorme sukses was.

 
Hardus Botha
Fynbos-Skaapkop Fees 2023: Baardskeerdersbos

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Mother's Day Seafood Menu

Mother's Day Seafood Menu

Treat mom to a special Mother's Day meal at The Boathouse Pub & Restaurant!

Mother's Day Mimosa Brunch in Gansbaai!

Mother's Day Mimosa Brunch in Gansbaai!

Treat your mom to a delightful Mimosa Brunch at Birkenhead Boothengelklub!

Successful Pub Lunch at Birkenhead Boothengelklub in Gansbaai

Successful Pub Lunch at Birkenhead Boothengelklub in Gansbaai

Shoutout to Markus for capturing the moments at Birkenhead Boothengelklub!

Eileen's Now Serving Pizza!

Eileen's Now Serving Pizza!

Get ready for something awesome because Eileen's now serves pizza!

31 May 2024: Cowboy Dance

31 May 2024: Cowboy Dance

Saddle up for a wild west hoedown at Birkenhead Boothengelklub!

31 October 2024: Halloween Party

31 October 2024: Halloween Party

Get Spooky at Birkenhead Boothengelklub's Halloween Party!

See All Articles