Lomond skitter in goud op Decanter World Wine Awards

Lomond skitter in goud op Decanter World Wine Awards

Gansbaai Courant

Die internasionale kollig het weer eens op die suidelike punt van Afrika geval toe die Lomond-wynlandgoed in goud getooi is op die gesaghebbende Decanter World Wine Awards in Londen. Lomond, een van net ’n handvol wynprodusente in die Kaap Agulhas-wynstreek, se lang lys medaljes het gegroei met goue medaljes vir die Lomond Cat’s Tail Syrah 2011 en die Lomond Conebush Syrah 2011.

“Ons is baie trots op die erkenning wat ons wyne op hierdie vooraanstaande wynskou ontvang het,” sê Lomond se wynmaker, Kobus Gerber. “Lomond is bekend vir sy uitstekende shiraz van hoogstaande gehalte. Om goue medaljes te ontvang vir albei syrah-wyne uit ons enkelwingerdreeks, en uit dieselfde oesjaar, is ’n refleksie van die puik terroir, asook van die volgehoue hoë standaarde in die wingerd en die kelder.”

Lomond se Syrah-wyne het ook reeds goue medaljes en trofeë ingepalm op ander plaaslike en internasionale skoue, insluitende Syrah du Monde, Veritas en die Old Mutual Trophy-wynskou.

Vanjaar se Decanter World Wine Awards, wat in die VK gebaseer is, het meer as 15 000 inskrywings van regoor die wêreld gelok, maar net ’n klein persentasie is in goud getooi. In ’n omvattende beoordelingsproses word alle inskrywings eers voorlopig beoordeel voordat hulle deurdring na die amptelike proe. Die wyne word dan deur veelvuldige panele, bestaande uit wynmakers, kleinhandelaars en wynskrywers, beoordeel en net die heel beste wyne ter wêreld word beloon met goue medaljes en trofeë.

Lomond se Cat’s Tail Syrah 2011 en Conebush Syrah 2011 is uitstekende voorbeelde van ’n uitgebreide wynportefeulje van hierdie bekende en bekroonde landgoed en puik voorbeelde van die fyn kuns van wynmaak in Lomond se kelder, asook van die Kaap Agulhas-streek se uiteenlopende grondsoorte en koel, maritieme klimaat. Die landgoed het 18 verskillende grondsoorte, uiteenlopende topografie wat wissel van 30 tot 250 meter bo seevlak, suidliggende hellings en die invloed van die seebriese.

Die vertoning van die twee Syrah-wyne is die ideale geleentheid vir wynliefhebbers om twee wyne van hoogstaande gehalte te proe en met mekaar te vergelyk, aldus Gerber. “Hierdie twee medaljewenners is uit dieselfde oesjaar, maar heeltemal anders. Die Conebush is meer in die styl van die noordelike Rhône-streek, terwyl die Cat’s Tail ’n kombinasie is van swart peper-, donker vrugte- en sjokolade-geure. Hierdie verskil lig die uiteenlopendheid van ons grond uit.”

Die Lomond Conebush Syrah 2011 bied ’n boeket van soet speserygeure – neutmuskaat, kaneel en sweempies vanielje – met geure van wit peper en kersievrugte wat na die mond deurgedra word. Dis ’n volronde wyn met ryp, sappige tanniene.

Daar is wel tekens van speserye in die Cat’s Tail Syrah 2011, hoewel aromas van bessies en pruime oorwegend is in hierdie ryk, sagte en elegante wyn.

Die Decanter-prestasie getuig van kundige wynmaak en wingerdboupraktyke, asook van respek vir die grond. Lomond is ’n lid van Walkerbaai se fynbosbewaringsgebied en die Biodiversiteit- en Wyn-Inisiatief (BWI), wat produsente beloon vir volhoubare wynboupraktyke. Dit pas ook die beginsels van die IPW (die geïntegreerde produksie van wyn) toe. Die IPW is ’n vrywillige omgewingskema vir pes- en siektebeheer in die wingerd. 

Wat die wyne verder aan hul oorsprong bind, is die feit dat elkeen na fynbos in die streek vernoem word. Die Cat’s Tail is ’n enkelwingerdwyn wat sy naam kry van die plantspesie Bulbinella nutans, terwyl die Conebush vernoem is na die plantspesie Leucadendron.

Die wyne is landwyd beskikbaar by vooraanstaande drankhandelaars teen sowat R240 per bottel

Lomond is deel van Cape Legends, ’n omvattende reeks bekroonde wyne van hoogtsaande gehalte van verskeie boetiekkelders in en om die Kaapse wynlande. Vir meer inligting oor Lomond en sy wyne, besoek www.lomond.co.za. Besonderhede oor Cape Legends se reeks puik wyne kan verkry word by www.capelegends.co.za.

Foto : Kobus Gerber, Lomond Wynmaker

Lomond skitter in goud op Decanter World Wine Awards

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

 Experience the Ultimate Coastal Dining at The Boathouse!

Experience the Ultimate Coastal Dining at The Boathouse!

Seeking a restaurant with breathtaking ocean and harbor views? Look no further!

Gansbaai Academia Annual Food Festival 2024

Gansbaai Academia Annual Food Festival 2024

Get ready for the Gansbaai Academia Annual Food Festival 2024!

Gansbaai Academia
Sunday Lunch: Pork Roast and More for R90!

Sunday Lunch: Pork Roast and More for R90!

Join us this Sunday, 14 April 2024, at Eileen's Seafood Paradise for a delectable Sunday lunch feast! 

Meet Jan Braai at Eileen's: 15 April 2024!

Meet Jan Braai at Eileen's: 15 April 2024!

Mark your calendars because Jan Braai is grilling up some fun at Eileen's Seafood Paradise on 15 April 2024, at 13:00!

Build Your Burger Event - 13 April 2024

Build Your Burger Event - 13 April 2024

Join us at Birkenhead Boat Club for a delicious evening of burger building on 13 April 2024!

Best Fine Dining in Western Cape on TripAdvisor

Best Fine Dining in Western Cape on TripAdvisor

Come taste the top-notch food! 

See All Articles