Gansbaai Wynproegilde: Die ‘Spook’ van Spookfontein Wynlandgoed

Gansbaai Wynproegilde: Die ‘Spook’ van Spookfontein Wynlandgoed

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Wynproegilde: Die ‘Spook’ van Spookfontein Wynlandgoed

Die ‘spook’ loop gelukkig nie by Spookfontein Wynlandgoed in die Hemel-en-Aarde Vallei nie. Die wynkelder se hoofwynmaker, Nelis Uys, verduidelik: “Gelukkig is daar nie ‘n regte ‘spook’ op die wynlandgoed nie,” het hy gesê. “Die naam ‘Spook’ is afgelei van die legende dat ‘n mens ‘n ‘gees’ binne die bekoorlike en geheimsinnige, mistige warreling van die vloeiende plaaslente vroeg soggens kan sien.”

Nelis was die aanbieder met die gilde se byeenkoms op Dinsdag, 26 Julie 2022. Hy is bygestaan deur die wynkelder se Bemarker, Stefan Theunisen. Voordat Johan Pfister Stefan aan die woord gestel het, het Anne-Maré de Witt ‘n verjaarsdagkoek (met kersies!) aan Nelleke Ferreira oorhandig wat dieselfde aand verjaar het - met die gaste wat spontaan vir haar gesing het - én sy moes die kersies doodblaas!

Nelis het Spookfontein se uitstaande wyne, waarvan sommiges onlangs eers gebottel is, te proe aangebied, met die nodige verduidelikings. Die proe-wyne was: Sauvignon Blanc (2022), Merlot Rose (2021), Pinot Noir (2018), Cabernet Franc (2019) en Phantom (2020). Die vyf wyne is, sonder uitsondering, met hoë punte aangeslaan - duidelik was almal beïndruk met die wyne.

Chris Pead se onverbeterlike spyskaart, soos gewoonlik, het bestaan uit: Voorgereg - paneer, cheddar & spring onion cigars; Hoofgereg - leek & red pepper filled chicken Leg quarter met bykomstighede; Nagereg - tipsy tart & custard. Bruce Shambamuto en sy span het vir puik bediening gesorg.

Nelis en Stefan het die gaste met ‘n lootjie-trekking verras en Ansie Serbon was die gelukkige wenner van ‘n spesiale ‘botteltjie Spookfontein’! 

Image 1
Nelleke Ferreira, Stefan Theunisen, Nelis Uys en Johan Pfister nadat Wynproegilde-voorskote aan die gaste oorhandig is.
Image 2
‘n Gesellige oomblik aan tafel.
Image 1
‘n Opgewonde Nelleke Ferreira met haar verjaarsdagkoek.
Image 2
Stefan Theunisen en Ansie Serbon, wat die lootjie gewen het.
 
Hardus Botha
 
Gansbaai Wynproegilde: Die ‘Spook’ van Spookfontein Wynlandgoed

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Hermanus
Read More

Other Articles

Women’s Self-Love: See Yourself First

Women’s Self-Love: See Yourself First

To see yourself, you must recognise yourself first.

Self-Love: Let Go of Perfection

Self-Love: Let Go of Perfection

Somewhere along the way, many women were taught that being enough meant being everything to everyone.

OGG Online Presentation: Predicting Large Type-II Diamonds

OGG Online Presentation: Predicting Large Type-II Diamonds

The Overberg Geoscientists Group (OGG) invites you to an online presentation by Dr Andy Moore...

OGG Newsletter #9 - August 2026

OGG Newsletter #9 - August 2026

The latest Overberg Geoscientists Group (OGG) newsletter features upcoming presentations, geological events and activities...

Choosing the Right Paint Colour? Test It Properly!

Choosing the Right Paint Colour? Test It Properly!

Found a colour you love but not sure how it will look on your walls? 

See All Articles