Blog

SA Forest Adventures

SA Forest Adventures

Gans-Berg Nuus / News

SA Forest Adventures

Die langste zipline ter wêreld.

Die langste ‘zipline’ in die wêreld het op 24 September 2024 sy deure vir die publiek oopgestel - so op ons drumpel naby Caledon in die Overberg.

“Plaaslike raadslede, burgemeesters en ministers het die amptelike opening van K3 bygewoon,” vertel Rick Marais van K3 SA Forest Adventures. “Een van die eregaste was dr Ivan Meyer, die Wes-Kaapse Minister van Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme.” Minister Meyer het die zipline as ‘n ‘groot ekonomiese inspuiting’ vir die gemeenskap van Caledon en die Overberg beskryf.

Rick sê K3, die langste zipline ter wêreld en geleë net buite Caledon, het hierdie eer by die Jebel Jais Flight in die Verenigde Arabiese Emirate as die langste zipline, oorgeneem - die Jebel Jais is 2.8 km lank en K3 troef dit met 400 meter!

“Ek het agt jaar gelede met die idee vorendag gekom en vyf jaar gelede met die beplanning begin,” vertel Clinton Lerm, eienaar van SA Forest Adventures. “Ek was op pad na ‘n ander site waar ons aanvanklik die zipline sou bou, toe ek verby die mooi bergreeks by Caledon ry.” Clinton sê hy het stilgehou en met die plaaseienaar gaan gesels en dis net daar waar hy op die ligging van K3 besluit het.

Die 3.2 kilometer zipline kabel was ‘n enorme taak om te span en ‘n helikopter en baie mannekrag is ingespan om die kabel al die pad teen die berg op te kry. Vanwaar die naam K3? “K1 is Everest - K2 is die hoogste berg na Everest en K3 is die wêreld se langste zipline,” vertel Rick. Lerm het met die bou van K3 besluit om die geboue en die begin, asook die landingsplatform so natuur-vriendelik as moontlik te bou. Die Nes, soos die begin-platform heet, is in die berge gebou en geen natuurskoon is vir die bou van die platform ontwrig nie. “Verdermeer is 90% van die produkte by K3 trots Suid-Afrikaans,” het Rick gesê. “Al die personeel is ook vanaf die nabye Caledon en Myddleton afkomstig.” Lerm se idee was juis om net plaaslike inwoners aan te stel om die ekonomie ‘n hupstoot te gee.

Rick sê wat K3 so ‘n belewenis maak, is ‘n trekker wat kliënte teen die berg op neem, ‘n rit van sowat ‘n uur - dis ‘n uitdagende 4x4 roete waartydens kliënte die natuurskoon kan geniet en waardeer. Hulle word deur ‘n K3-toergids vergesel, wat die gaste meer van die plantegroei en die omgewing vertel.

“Adrenalien sports en buite-lewe-aktiwiteite het ‘n hupstoot gekry na die Covid-19 pandemie en mense hoef nie bang te wees of uit te stel nie - die kabel is baie veilig - ons het eksterne mense en ingenieurs ingekry om te verseker dat die zipline veilig vir die publiek is,” sê Lerm. “Al die gidse is deeglik opgelei en sal verseker dat elke kliënt veilig by die zipline kom.” Lerm moedig avontuurgeesdriftiges en enige persoon wie die langste zipline in die wêreld ‘n probeerslag wil gee, uit om hul plekke te bespreek: www.saforestadventures.co.za of skakel 072 133 9016 vir inligt5ing of besprekings.

Hardus Botha

SA Forest Adventures

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Caledon!
Read More

Other Articles

20 Days to Christmas: Check-off Time

20 Days to Christmas: Check-off Time

Is there anything you didn’t manage to complete this week? 

19 Days to Christmas: Lazy Time

19 Days to Christmas: Lazy Time

School sports are finished. The crazy rush-around of a Saturday is done. You have a few extra hours on hand.

The Mirror Within

The Mirror Within

We look at other relationships through the prism of our personal relationship with self.

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.

Gans-Berg Nuus / News
21 Days to Christmas - Travel Time

21 Days to Christmas - Travel Time

No matter if you fly or drive to your holiday destination, put some thought into the travel time. 

22 Days to Christmas

22 Days to Christmas

Let everyone write down the movies they would like to watch. 

See All Articles