Wat Is Jou Geheime Braai-Resep?!
Met Erfenisdag en Braaidag om die draai, het ons besluit om ‘n liplekker kompetisie te doen.
Ons wil hoor wat is jou geheime braai-resep. Alles van jou ouma se fynproewer braaibroodjie tot jou pa se legendariese steak sous - ons wil daarvan hoor! Al wat jy hoef te doen om ons Braaidag-hamper te wen, is die volgende:
• Klik op die 'like'-knoppie vir hierdie post.
• “Follow” Overberg Agri se Facebook-blad.
• Deel jou beste braai-resep met ‘n goeie foto onder in die “comments”. Wees kreatief!
• Tag jou beste braai “buddy” in die “comments”.
Jy kan jou braaidag verseker opkikker met ‘n prys van R1000 - dit sluit in ‘n heerlike vleis hamper met sosaties, skilpadjies, patties vir die burger braai, en die topverkoper “vinkies” in, asook ‘n R500 geskenkbewys van jou naaste Overberg Agri winkel.
Sterkte! Ons kan nie wag om jou resepte te beproef nie.
Die wenner sal op 23 September 2022 aangekondig word.