Home › Theewaterskloof › Caledon › Blog › General
Blog

Ring Kore Fees 2023 - VGK Ring van Caledon

Ring Kore Fees 2023 - VGK Ring van Caledon

Gans-Berg Nuus / News

Ring Kore Fees 2023 - VGK Ring van Caledon

Om na koorsang te luister, is op sigself ‘n belewenis, maar om na 10 kerkkore se koorsang te luister, is veel meer as net ‘n belewenis - soveel te meer wanneer hulle as ‘n masa-koor optree! Die VGK Ring Kore Fees is op 8 Oktober 2023 in Gansbaai Academia se saal aangebied.

Ds Dirk van Dyk, ‘n Gansbaai-leraar, was die Program-direkteur vir die besonderse geleentheid en het die verwelkoming hanteer. Ds Haupt, voorsitter van die VGK Ring van Caledon, het die verrigtinge met skriflesing en gebed geopen. Daarna is sermoniële kerse vir Lief en Leed aangesteek - onderskeidelik deur die gemeentes van Caledon, Bredasdorp en Tesselaarsdal.

Die eerste item op die program was al 10 kore en gaskunstenaars wat, as ‘n massakoor, opgetree het met die luisterryke sing van die VGK Lied. Die gaskunstenaars-koor vir die geleentheid was die welbekende NGK Kerkkoor van Gansbaai.

Daarna het die 10 VGK-kore aan die beurt gekom - met 2 liedere wat deur elke koor gesing is. Hulle is (alfabeties): Bredasdorp olv ds Arne Leuvennink; Caledon olv Deon Booysen; Gansbaai olv Peter le Roux; Grabouw olv Neville Coert; Hawston olv Dora Lucas; Kleinmond olv Janine Floris; Riviersonderend olv Erica Armstrong; Streekkoor VGK Ring van Caledon olv Deon Booysen; Tesselaarsdal olv A Small; Villiersdorp olv Deon Booysen.

Hierdie puik koorsang is afgewissel met spontane samesang, asook optredes deur die volgende gaskunstenaars: Inspirational Male Choir (Gansbaai), Silver Bells Male Choir - orkes (Hawston) en Gansbaai Academia se bekende Marimba Orkes.

Die uitstekende en suksesvolle Ring Kore Fees 2023 is met die sing van die Volkslied, Nkosi Sikelel’iAfrika afgesluit, waarna verversings bedien is - baie geluk aan die VGK Ring van Caledon en helpers vir die aanbied van ‘n suksesvolle en luisterryke Kore Fees.

 
Hardus Botha
Ring Kore Fees 2023 - VGK Ring van Caledon

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Caledon!
Read More

Other Articles

20 Days to Christmas: Check-off Time

20 Days to Christmas: Check-off Time

Is there anything you didn’t manage to complete this week? 

19 Days to Christmas: Lazy Time

19 Days to Christmas: Lazy Time

School sports are finished. The crazy rush-around of a Saturday is done. You have a few extra hours on hand.

The Mirror Within

The Mirror Within

We look at other relationships through the prism of our personal relationship with self.

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.

Gans-Berg Nuus / News
21 Days to Christmas - Travel Time

21 Days to Christmas - Travel Time

No matter if you fly or drive to your holiday destination, put some thought into the travel time. 

22 Days to Christmas

22 Days to Christmas

Let everyone write down the movies they would like to watch. 

See All Articles