Overberg Agri - Lojaliteitsprogram
Verlede jaar, na aanvanklike konsultasie tussen Overberg Agri se direksie en bestuurspan, het ons besluit om ons huidige jaarlikse Winsaandeleskema eerder na 'n Aandele-aankoopprogram te verander - wat ons in staat stel om ons lojale produsente 'n groter aandeel in ons besigheid te gee. Terwyl die verspreiding van aandele vir 2021/2022 in Julie 2022 sal volg, word potensiële kwalifiserende kliënte genooi om meer oor hierdie beloningsprogram vir die 2022/2023 finansiële jaar te lees.