Waterbesparing is Nou Meer Belangrik as Ooit!
Met droogtes wat ‘n meer algemene verskynsel raak en ‘n noemenswaardige effek op die landbousektor het, het Suid-Afrikaanse boere alle moontlike beskikbare hulpbronne nodig om volhoubaar te kan bly voortbestaan. Ons het met een van ons besproeiingsontwerpers gesels om uit te vind oor hoe besproeiingspesialiste kan bydra tot waterbesparing. Deur die gebruik van twee aangaande statistieke - twee spesifiek - wys hy hoe belangrik waterbesparing geword het:
• 1 miljard mense het nie toegang tot skoon, vars water nie.
• Met huidige neigings sal twee derdes van mense teen 2050 waterskaarste ervaar.
Dit is bekend in die besproeiingsbedryf, om waterverlies te identifiseer, te bekamp en te verstaan hoe om deur effektiewe waterbesparings praktyke water in die landbousektor te bespaar, moet ons na die volgende kyk:
• Transpirasie: Beweging en verlies van water deur ‘n plant se huidmondjies.
• Verdamping: Die proses, waar ‘n vloeitsof vernader na ‘n waterdamp of gas.
• Kapillêre styging: Die spontane vloei van vloeistof deur middel van kohesie en/of adhesie intermolekulêre kragte.
• Waterafloop: Wegloop/Afloop van water wanneer die grondprofiel versadigpunt bereik het.
• Ondergrondse uitvloei: Die sub-oppervalk vloei van water. Vorm deel uit van die hidrologiese siklus (Oorbesproeiing).
• Diep perkolasie: Die afwaartse beweging van water deur die grondprofiel verby die effektiewe wotelsone van die plant (Oorbesproeiing).
Die twee hoof oorsake van waterverlies is egter verdamping en oorbesproeiing (diep perkolasie).
Die fokus is om waterverliese te minimaliseer en optimale watergebruik te verseker deur die grondprofiel te probeer bestuur tot veldkapasiteitsvlakke.
“Ons moet ons water toedieningstempo en skedulering so bestuur deur dit nie hoër toe te dien as die grondpotensiaal en infiltrasietempo nie. Dit sal waterverliese in die vorm afloop a.g.v oorbesproeiing bekamp en oorkom. Water kan dus bespaar word deur doeltreffend te besproei, die grondvogstatus te monitor, veldkapasiteit te bestuur en te verseker dat onderhoud op die besproeiingstelsel gedoen word om die effektiwiteit en volhoubaarheid daarvan te versker.”
Daar is ook verskeie veranderlikes wat in ag geneem moet word met die beplanning van besproeiingstelsels om die effektiwiteit daarvan te verseker. Hierdie veranderlikes is as volg:
• Klimaat: Dit beïnvloed skedulerings-beplanning.
• Grond soort: Ken die grondeienskappe en -potensiaal van jou plaas, sodat die regte besluite geneem kan word m.b.t die tipe besproeiingstelsel, skedulering en kultivar keuses.
• Water kwaliteit: Bepaal die tipe besproeiingstelsel, tipe filtereering en beperkings m.b.t gewas en die toleransies daarvan.
• Topografie: Bepaal blok-uitleg.
Met besproeiingsontwerpsbeplanning word daar eers gelet op grond, water en klimaat alvorens ‘n besluit geneem kan word oor die gewas, grondvoorbereidings, grondregstelling nodig, dreineringsbeplanning, gunstige ryrigting, blokontwerpe, paaie en plantspasiëring.
“Eers nadat al die bo-genoemde faktore in ag gegeem is kan daar besluit word op watter tipe besproeiingspraktyk mees gepas sal wees, om ten einde die verlangde resultate te kry en volhoubaarheid te verseker.”
’n Effektiewe ontwerp en beplande stelsel, tesame met goeie bestuur daarvan, sal al die veranderlikes hierbo genoem kan akkomodeer.
Is daar iets soos ‘n perfekte besproeiingstelsel?
Die besproeiingstelsel is die hart van enige besproeiings-lanbouonderneming en behoort water tydig, akkuraat, en doeltreffend te kan toedien.
Besproeiing verskaf nie net water aan die plante nie, maar is direk verantwoordelik vir optimale voedingstofopname. Die stelsel mag ook in sommige gevalle gebruik word as ‘n ‘fertigation’-stelsel waar voedingstowwe via die besproeiing aan die plant voorsien word.
“Daar is as sulks geen regte of verkeerde besproeiingstelsel nie met die in-agname dat elke stelsel uniek is tot die toestande waaraan hy moet kan funksioneer. Die fokus lê egter daarin dat dit moet geskied in die meeste koste effektiewe manier wat energie koste moet bespaar en effektiewe watergebruik aanhits.”
Die besproeiingstelsel moet so ontwerp word dat dit die gewas kan voorsien van die nodige water wat verbruik word tydens sy hoogste watergebruiksperiode gedurende die seisoen (spitsbehoefte) wat verlore gaan tydens evapotransiprasie en respirasie.
Die volgende aspekte moet ook in ag geneem word:
• Bedryfskoste
• Onderhoudskoste
• Bestuursvereiste
• Betroubaarheid van die besproeiingstelsel
• Besproeiing, bemesting en skedulering
• Installasie vereistes
• Moontlikheid van diefstal
3 belangrike faktore om op ag te slaan:
1. Wanneer om te besproei.
2. Hoeveel om te besproei.
3. Wanneer ons nie hoef te besproei nie.
Deur hierdie drie dinge te onthou, verhoed ons oor- en onderbesproeiing. “Ons wil optimale toestande in die wortelsone skep vir die gewas om voedingstowwe effektief te kan opneem, wortels om te kan respireer, blare om te kan fotosinteer en water in die grondprofiel te kan herwin wat transpirasie gedurende die dag verlore gaan. Die fabriek van enige plant sit egter onder die grond. Wat bo-gronds gewaar word is ‘n spieëlbeeld van wat onder-gronds aan die gebeur is.”
Belangrike punte vir doeltreffende watergebruik:
1. Grondontledings.
2. Groepeer dieselfde grondtipes in dieselfde besproeiingsiklus.
3. Regte gewaskeuses vir jou unieke omstandighede.
4. Topografies uitdagende gronde. Laat jou besproeiingontwerper ’n oppervlak dreineringstelsel ontwerp om onnodige gronderosie te vermy.
ONTHOU: Jy is nie alleen nie! Daar is baie professionele individue en kundiges in die veld om jou te help om berekende besluite te neem.
VRYWARING: Die artikel en die kennis wat ons besproeiingsontwerper gedeel het, is van baie hardwerkende spesialiste in die besproeiingsbedryf wat hul kennis en ervarings met almal deel vir die voordeel van almal.