'n Gesprek met 'n Vroue-Boer in die Overberg
Hierdie Vroue-maand het ons besluit om met ‘n vroue-boer in die Overberg te gesels oor haar ervaring as ‘n vrou in landbou. Marilize du Toit en haar man, Pieter, boer saam met sy broer Niel op ‘n volwaardige gemengde boerdery in die Bredasdorp-distrik. Die plaas, Hermanusheuwel BK, boer met graan (gars, koring, canola, hawer en aangeplante weidings vir die melkery), vleisbees en skaap, asook 400 koeie in die melkery. Marilize en Pieter woon op die boerdery se melkplaas en helfte van die saaigrond in die Strandveld in die Bredasdorp-distrik. Niel is gesetel in die Ruens naby Klipdale. Saam maak hulle drie 'n gedugte span wat fokus op goeie besigheidspraktyk, die plaas en die toekoms. Lees Marilize se volle storie op ons webtuiste.